Bank AnglerNewsPro Mania NewsTournament News

Jackie Leonard Vaal Dam – Report by: Richard Bekker

Boulyn en Iron River julle bly TOPS

En so groet die winter ons met die son wat nou baie later begin opkom en die windjie wat kouer waai. Dis Saterdag-oggend die 8ste Mei 2022 en ek en Rhienardt is op pad Jackie Leonard toe om deel te neem aan ‘n Pro Mania wat aangebied word deur Bennie Viviers. Met ons aankoms is dit nog donker en ‘n mens kan voel winter is op ons. Vir die eerste keer in seker twee jaar kom ons bymekaar en ons open die dag met gebed. Met die loting wat alreeds Donderdagaand afgehandel was kon ons nou ry na ons penne vir die dag. Ek was bevoorreg om pen 28 te kry maar weens te min hengelwater moes daar vier penne regs van my gesteek word sodat die hengelaars wat by Kees hengel ook kon inkom. Nietemin pak ek af en doen die nodige.

Teen so 6:30 is dit tyd om my voer aan te maak, dis niks anders as Chris Boulyn se boulynvoer nie. Graag wil ek dan ook aan Chris en sy span by Boulyn dankie sê vir die ongelooflike voer. Dan wil ek ook aan IRON RIVER en al die medeprodukte soos Mitchell, Penn, Abu ook dankie sê vir al die puik hengeltoerusting wat julle ons mee borg. Ek maak gebruik van die 8vt Penn Regiment met die 4000 Avocast-katrol, die 10vt-slingshot met die 4000 Avocast-katrol, sowel as die 12- en 13vt Odessey-stok met die 6000 Avocast-katrol. Ek maak dan ook gebruik van die Trelene MAXX clear en Hivis orange in die 5-, 7-, en 9lb. Graham, to you and your team, thank you.

So begin ons toe nou hengel en besluit om my 10vt-slingshot op 75m en ek voer toe eers op 115m waarna ek somer direk daar begin hengel. Eers na so 25 minute kry ek my eerste vis op die 75m stok en kry ek nog baie byte op die afstand, maar ongelukkig bly die vis vashaak. Eers na ‘n uur loop my 115m stok en ek vang ‘n mooi karp van seker byna 3kg, en soos die dag aangaan begin die vis al hoe vinniger die aas optel. So met dit gesê besluit ek toe om my 2de stok ook op die 115m te hengel aangesien ek op die 75m net bly vassit. Maar so vinnig soos wat ons begin kom alles tot ‘n einde en dis drie-uur. Ek wen my zone toe met 17 vis van 21kg en dis dan ook goed genoeg om die dag algeheel te wen. Die omstandighede was maar moeilik met al die vashaak maar dis iets wat ons aan gewoond moet raak met die watervlak wat so hoog is.
1. Voer: BOULYN

  1. Aas: Maggots, Bunspice floats en amandel deeg. Wurmpies ook 1 of 2 vissies gevang.
  2. Bol dips: Piant/Kiana, cheesecake/stinkvoete en Vicks met lootie.

*Reports brought to you from various Social media sources, indexed and categorized for your convenience.



5 1 vote
Article Rating

Related Articles

Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x