
Junior SA Kampioene verklap hul wengeheime!
JUNIOR-KOMPETERENDEHENGEL
WOORDE: Werner Lubbe | FOTO’S & VIDEO’S: Adele Liebenberg & Werner Lubbe
Tydens Desembermaand se Junior SA Kampioenskappe het hierdie twee manne uitstekend gevaar en weggestap met ‘n hele klomp goue medaljes en trofeë.
Die Oewerhengelaar-span het saam met hulle gaan hengel, en so bietjie gaan kyk hoe hulle die dinge doen, en hoe hulle Vaaldam sou wou aanpak. Hierdie video is oppad en julle sal dit kan geniet met ‘n lekker pak popcorn, biltong en ‘n ietsie koels te drinke, iewers deur die loop van Februarie.
Wat ons julle wel mee kan bederf, is die eksklusiewe individuele onderhoude, waar twee jong medaljewenners presies vertel wat hulle gedoen het by Bloemhof om as wenners uit die stryd te tree.
MJ Mostert het in die Premier A-afdeling gehengel by die Sloep en sommer groot sakke vis gevang – meer as 400 in drie dae.
Kyk hier na die video-onderhoud waar hy praat oor sy sukses.
Owen Bezuidenhout het in die President A-afdeling gehengel, ook by die Sloep en ook groot sakke vis gevang, veral die gehalte van sy vis was baie goed.