Junior SA’s: Junior Premier C

@Die Sloep, Bloemhofdam

WOORDE: Werner Lubbe | FOTO’S: Verskaf

Bloemhofdam Sloep was vir ‘n week lank propvol junior hengelaars, ‘n totaal van 51 spanne met 328 hengelaars, uit sewe afdelings. Die kampioenskappe het plaasgevind oor ‘n tydperk van drie dae, waarna daar ‘n rusdag was, gevolg deur nog twee dae van nasionale proewe, waaruit al die nasionale spanne gekies sou word.

In totaal is daar 32695 vis gevang vir ‘n totaal van bykans 12 ton. Om al hierdie vis geweeg te kry, asook die telkaarte te administreer, is ‘n span van nie minder as 17 gekwalifiseerde beamptes gebruik. Dit is indrukwekkend op sig self, en ‘n gemiddelde vangs van 100 vis vir 36kg is per persoon ingeweeg, oftewel 33 vis en 12kg per hengelaar per dag.

Die grootste vis vir die toernooi, ‘n baber van 11,7kg (gevang deur PZ de Beer – 0/13 B- afdeling) en ‘n graskarp van 9,7kg (gevang deur HJS Alberts – Premier-afdeling) plaas die beduidendheid van die toernooi op ‘n heel ander vlak. Die swaarste sak (111,61kg) oor die drie dae is aangeteken deur J van der Merwe in die Premier A-afdeling, terwyl MJ Mostert die meeste vis (401) ingeweeg het. Hy het ook in die Premier A-afdeling meegeding en die waarde van die deelname aan die Pro Mania die vorige naweek is ook duidelik merkbaar.

‘n Ander baie interessante statistiek, is dat vyf uit die sewe van die grootste spesies, in die 0/13-afdeling ingeweeg is, waarvan vier uit die B en C spanne. Die afleiding hieruit is dat die grootste visse beslis op die nader afstande gevang is.

Premier C-afdeling

Die C-afdeling is effens kleiner en slegs vier provinsies kon spanne in die veld sit. Hierdie afdeling is hoofsaaklik die ontwikkelingsgronde vir die twee afdelings boontoe op, en in provinsies waar daar baie diepte is, kan hierdie SA’s baie belangrik wees. Hierdie 32 hengelaars staan egter nie terug nie, en teken self ‘n goeie gemiddeld aan van bykans 100 vis vir 33kg per persoon. Op individuele vlak word hier ook kliphard kompeteer en al die pryse gaan nie na dieselfde hengelaar toe nie. Die Victor Ludorum, AM Muller van Gauteng stap weg met die goud, maar kon net ‘n tweede en derde plek by die Swaarste Sak en Meeste Vis behaal. Hy weeg 180 vis vir 64kg in wat hom drie eerste plekke gee oor die drie dae. CL Jansen van Sentraal Noordwes weeg egter die swaarste sak van 79,14kg in terwyl BT Kromhout van Gauteng Noord die meeste vis vir die toernooi vang – 254 vis vir 66,46kg.





Lees ook /Also read …

The latest digital edition of STYWE LYNE/TIGHT LINES is now available!

5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x