
JUNIORS is ‘gehoek’!
APRIL 2024
JUNIORS VANG VIS!
Hierdie is ons juniors se eie blad waarop hul vangste spog-erkenning kry. Epos die foto met besonderhede van die vangs aan die adres hieronder. Volgens wet moet die ouer of voog toestemming verleen om foto’s van minderjariges te publiseer. By inskrywing voeg by: “Ek verleen toestemming tot publikasie”. – Red.
JUNIORS CATCH FISH!
This page recognises the catches made by our juniors – bragging rights are guaranteed! Email photos to the address below. By law parents or guardians must give permission to publish images of minors. The following permission must be added to your entry: “I give permission to publish”. – Ed.
Stuur jou foto/’s en besonderhede van die vangs na / Send your photo/s and details of the catch to:

Milly Smith
Klein botteltjie … met ‘n massiewe kurper!
Die kleine Milly Smith het ‘n kurper (Niloticus Nyl) van ‘n leeftyd tydens ‘n skoleliga by die Nyl, Mokopane gevang. Die kurper het 3,715kg geweeg.
Wat die vangs so meer spesiaal maak, is dat sy dit op SRA-produkte gevang het. Sy vang nie net die kurper nie, maar sommer ‘n klomp vis daarby. Die kurper was toe ook die grootste van die kompetisie.
Haar kombinasies van keuse:
- Spring wurm met SRA Bloekom/Garlic float met SRA Pineapple op die bol.
- SRA Banana/Garlic float met SRA Banana/Garlic en Bloekom op die bol.
“Dankie oom Shaun Rusch, ek is so bly!” Ons is super trots op jou Milly, hou so aan … hier kom nog groot dinge. SRA all the way!
Callen Cornelissen
Callen Cornelissen (8 years old) went fishing with his father, Cornel and caught this carp (left) at Sitrusoewer River Camp. The other carp was caught at Loerie Dam. See Cornel Cornelissen’s catches here.


Yoré Aucamp is die WENNER van die FISH-produkweggeeprys!
Yoré Aucamp
Yoré met haar heel eerste karp – ‘n 11kg common gevang op FISH se Cinnamon 8mm Zero met ‘n method feeder rig by Klaseriedam.

JY KAN OOK WEN!
Francoise Louw
Ek is 12 jaar oud en vang nou eers vir agt maande lank vis. Ek het hierdie jaar begin met ProMania. Ek het die mooi karp by Club Amigos gevang op Legends-produkte, op 75m.
- Baldip – Warrior
- Dip – Maximus Carp
- Float – Cloudeez Maximus Carp
- Mieliepit – Target


Plaasseuns
Goeie dag. My pa is ‘n getroue leser en vir sy kleinkinders is dit groot pret om deur jul tydskrif te blaai en na elke persoon se vangs te kyk! Daarom het ek besluit om hul foto’s te stuur sodat hulle ook op die bladsye kan spog!
Meyer Els geniet visvang op oupa Nick se plaas. Hy het hierdie karp gevang met mielies. Kleinboet Nikel het floaties gebruik. Groete, Sarna Els.


[…] I caught these two carp at the Sitrusoewer River Camp during our last stay. My son, Callen (8 years old) fished with me and also caught a nice carp (see Callen’s catches here). […]