JUNIORS is ‘gehoek’!

MEI | MAY 2024

JUNIORS VANG VIS!

Hierdie is ons juniors se eie blad waarop hul vangste spog-erkenning kry. Epos die foto met besonderhede van die vangs aan die adres hieronder. Volgens wet moet die ouer of voog toestemming verleen om foto’s van minderjariges te publiseer. By inskrywing voeg by: “Ek verleen toestemming tot publikasie”. – Red

JUNIORS CATCH FISH!

This page recognises the catches made by our juniors – bragging rights are guaranteed! Email photos to the address below. By law parents or guardians must give permission to publish images of minors. The following permission must be added to your entry: “I give permission to publish”. – Ed.


lesers@foranglers.co.za




Francoise Louw 

Van die vangste was in ons Desember-vakansietyd by Club Amigos en die een waar hy by die weegmat staan was by sy eerste kompetisie vir die Pro Mania-reeks. Groete, pappa André Louw.

Francoise vertel in sy eie woorde: 

Dit is vir my ‘n groot eer om vir Legends Legacy te kan vang. Die produk werk vir my baie goed, veral die Brave Heart en Furious dips, Dracula-mieliepitte, Pink Maggots en Brave Heart-floatie. Ek kan nie meer wag vir ons volgende kompetisie nie, veral as dit by ons Legends Social Club kom, want dit groei met ‘n GROOT spoed. Dankie aan oom Barend Breedt en oom Raymano Venter, en dan ook vir oom Christiaan de Beer vir al die raad en bystand. Julle is YSTERS.

Die jongman kan nie genoeg kry van hengel nie! -Red



Lienchen de Wet

Hier is so iets vir die kleinspan …

Op ‘n koel Sondagoggend in die skadu’s van die Magaliesberge, stel ons die feeder-boks langs die waters op om bietjie aan die feeder tegnieke te werk. In die verte hoor ons ‘n klein stemmetjie wat bevel gee om ook haar visstok in te gooi. Klein Lienchen (2 en ‘n half jaar) kom met haar visstok aangehol na waar Pa Tommy besig is om ‘n klein baber te skep. Met baie belangstelling sit sy langs die water en kyk na alles wat aangaan in die water, sy sien hoe die visse spring en roep hulle kort-kort om te kom eet. Lienchen se visstok is ingegooi met bietjie hulp van pappa, en nie lank nie, toe trek daardie stok skoon skuins soos die vis hom vat. “Katrol, katrol!” skree almal langs die water en klein Lienchen beweer “Ek kan self!” Sy het wel gou agtergekom die vis is ‘n bietjie sterker as sy en pappa moes toe help. Na ‘n paar minute se stoei skep ons die 3kg karp. Almal is baie trots én bietjie verbaas dat hierdie klein dogtertjie ‘n vis vang wat meer weeg as wat sy oud is! Met ‘n vinnige foto en ‘n klapsoen van Lienchen af, is die vis weer terug in die water “na sy maatjies toe …”.

Mooi dag, pappa Thomas.



The latest digital edition of STYWE LYNE/TIGHT LINES is now available!

5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
1 Comment
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Mariana Fouche
4 months ago

baie goeie idee om die juniors ook hul spesiale erkenning te gee, baie dankie

Back to top button
1
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x