JUNIORS is ‘gehoek’!

JUNE | JUNIE 2024

JUNIORS VANG VIS!

Hierdie is ons juniors se eie blad waarop hul vangste spog-erkenning kry. Epos die foto met besonderhede van die vangs aan die adres hier onder. Volgens wet moet die ouer of voog toestemming verleen om foto’s van minderjariges te publiseer. By inskrywing voeg by: “Ek verleen toestemming tot publikasie”. – Red

JUNIORS CATCH FISH!

This page recognises the catches made by our juniors – bragging rights are guaranteed! Email photos to the address below. By law parents or guardians must give permission to publish images of minors. The following permission must be added to your entry: “I give permission to publish”. – Ed.



Ethan Fourie (7 jaar oud)

My naam is Ethan Fourie. Ons gesin het gaan visvang by Reinheim in die Vrystaat die naweek van die 4de Mei 2024. Hier hou ek die 5kg karp vas wat ek laat in die nag gevang het. Ek hou van die foto want ek en die vis het hard gestoei. Ek het nog ‘n hele paar visse en babers oor hierdie naweek gevang. Visvang is my gunsteling stokperdjie en ek mag dan ook tot laat wakker bly saam met my Pappa Johann. Dit is wanneer die visse baie byt.

Ek hou daarvan om julle tydskrif te koop. Dit is baie interessant. Veral Uitgawe 201 waarin julle van die Pro’s se stroppies vertel het. Ek het op 11 Mei 7 geword. Sal julle groot asseblief my foto in jul tydskrif plaas! Ek gaan uitkyk daarvoor! Vriendelike groete, Ethan Fourie.



Erik Booysen (12 jaar)

Erik Booysen van Laerskool Nylstroom met ‘n 5kg karp wat hy in die Limpopo Skoleliga-hengelkompetisie op 18 Mei by die Nyl Biodiversiteitdam in Potgietersrus gevang het. Sy totale vangs van 37,5kg het hom ‘n vyfde plek uit 51 seuns besorg. Irene van Straaten.


Ziann van Niekerk

Hier is ons 4-jarige dogtertjie in haar element. Elke naweek vra sy: “Gaan ons dam toe?” Ons wissel af tussen Roodekoppies, Magalies Moot AH en Hartbeespoortdam. Sy het die laaste naweek in April, 34 karpies op haar stokkie gevang. Mieliebol en plain floaties is haar go-to. 

Ons vang kurpertjies in ‘n plotdammetjie naby ons in Magalies Moot AH. Sy is versot op visvang en so trots dat sy altyd die meeste visse vang. Ons moet ons poppie ten minste eenkeer ‘n maand dam toe neem. Sy geniet dit so saam met haar Pappa. Groete, Claudia.



The latest digital edition of STYWE LYNE/TIGHT LINES is now available!

5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x