Juniors R hooked! • Juniors is geHOEK!
OKTOBER 2024
JUNIORS VANG VIS!
Hierdie is ons lesers se eie blad waarop hul vangste spog-erkenning kry. Epos die foto met besonderhede van die vangs aan die adres hieronder. Volgens wet moet die ouer of voog toestemming verleen om foto’s van minderjariges te publiseer. By inskrywing voeg by: “Ek verleen toestemming tot publikasie”. – Red.
JUNIORS CATCH FISH!
This page recognises the catches made by readers – bragging rights are guaranteed! Email photos to the address below. By law parents or guardians must give permission to publish images of minors. The following permission must be added to your entry: “I give permission to publish”. – Ed.
Stuur jou foto/’s en besonderhede van die vangs na / Send your photo/s and details of the catch to lesers@foranglers.co.za
Matthys Vosloo
Matthys is 13 jaar oud en baie lief vir visvang. Hy het hierdie pragtige karpe by Wonderland 45 gevang. Hy het witbrood gebruik op ‘n gewone strop, met Honey Glow Red en Garlic Muti.
Groete, Talita Vosloo (ouer)
Barry Gouws (11 jaar oud)
Specimen Fanatic het ‘n kliniek geloots die naweek van 27-29 Sept by Dinaledi Resort, Roodekoppiesdam.
Barry, 11 jaar oud, het hom goed van sy taak gekwyt, en ‘n stoomtrein gestoei. Barry het sy vis gepunch met Specimen Fanatic se Punchy Peach tigernuts op ‘n German rig.
- Datum: 28 Sept 2024
- Tyd: 06:30
- Gewig: 19,31kg
‘n Kombinasie van Winter Mix en Particle Mix van Specimen Fanatic was gebruik om die voerkolle aan die gang te kry. In geheel het die kliniek 12 vis gelewer met ‘n totale gewig van 162,89kg. Groete, Dries Gouws
Ruben Pretorius (6 jaar oud)
Goeienaand, For Anglers
Ek wil met julle ‘n baie spesiale storie deel – met so bietjie jaloesie.
Ek en my twee seuns, Philip (9) en Ruben (6) Pretorius het die naweek van 13 September aangesluit by ‘n groot groep hengelaars wat Donaldsondam gaan aanpak het.
Daar aangekom Vrydagmiddag om 14:00 het ons dadelik begin kamp opslaan. Die wind was verskriklik, maar ons het deurgedruk. Ons het lyne noukeurig gaan plaas en die groot wag het begin. Die volgende oggend so om en by 7uur het een van die groep se katrol geloop en dit reg gekry om ‘n 10,9kg karp te vang. Almal was opgewonde maar die byte was stil.
Ons het besluit om weer teen 15:00 nuwe aas aan te sit en weer uit te vat. Almal wou graag net ‘n spieëlkarp sien uitkom, al was dit net ‘n klein een. 21:45 toe loop Ruben (6) se stok en ek en sy oom Thys is saam met hom op die boot agter die vis aan. Na ‘n massiewe geveg en baie genade het ons die vis in die net gekry. En dit is toe ‘n spieëlkarp! Die groot skok het gekom toe ons die vis in die weegmat sit en sy die skaal trek op ‘n massiewe 19,63kg. Dit was Ruben se eerste spesiesessie en hy sit ‘n PB van ‘n spieël so hoog op …
Dankie vir julle insette. Groete, Flip Pretorius
The latest digital edition of STYWE LYNE/TIGHT LINES is now available!