KARP BONANZA 2024 – Loskopdam: Deelnemer help die Stywe Lyne-span en wen R60 000!

ECO Thread Repair het die eersteprys van R60 000 geborg.

Die jaarlikse Karpbonanza het die eerste naweek van Oktober by Forever Resort Loskopdam plaasgevind. Dit was die 16de jaar wat Kobus Hermitage as hooforganiseerder dié gewilde hengelkompetisie aanbied. Met 523 inskrywings en 154 bote was dit weereens ‘n sukses.

Die eerstedag van die kompetisie is ‘n oefendag.

’n Paar dae voor die kompetisie was dit bitter koud met reën, tog het die weer goed opgeklaar en almal kon in gemak deelneem. Sommige deelnemers het geen vis gekry, waar ander weer op ’n plek gestaan het waar die vis honger was.

Die skippersvergaderig is baie belangrik om ingelig te word oor reëls.


Vroegoggend by die jetty.

Stywe Lyne se span trek bekendes se aandag, hier staan André Hofman aan die linkerkant. Hy evalueer die visse. Geelvisse en papierbekke het onnodig die skaal bereik.
Eppie Du Plessis van die Kurper Bonanza staan in die middel, sy was daar met haar kamera en vrolike geaardheid.


Fuchs sorg vir geskenke aan al die skippers.

Die bootspan wat die prys gewen het met die meeste karp, het vyf spanlede gehad. Hulle het meer as 50 karpe na die weegstasie gebring. Deelnemers vanaf die oewer het gesukkel, die meeste karp daar gevang per hengelaar was maar net vier.

Die bootspan-wenners het die meeste karp gevang, hulle wen R5000.
Oewerhengelaar-wenner vir die meeste karp.

Franco Prinsloo en sy bootspan, al vyf van hulle, het die oggend nie ‘n idee gehad waar hul die boot gaan anker nie. Dis toe Kobus Hermitage by die lansering van die bote vra, wie kabel se rigting toe gaan, want die boot, Stywe Lyne kort dringend 2-stroke olie, en dit moet daar afgelewer word. Hulle was gewillig om die ongeveer 14 kilometer te vaar, die olie te oorhandig en dan daar iewers anker te gooi vir die dag. Wel, dit was ‘n wyse besluit! Alhoewel hul heelwat visse verloor het deur die dag, het hul 20 minute voor die ankers opgetrek moes word, ‘n laaste lyn ‘teen hul sin’ in gegooi en die wenkarp van 4,426kg gevang. Daarmee het hul R60 000 gewen!



André Wilken het ‘n 3,686kg karp ingeweeg waarmee hy die tweedeplek verower het. Hy wen ‘n 4,2m Sportster Kajuitboot op ‘n sleepwa met ‘n 60HP Mariner Trim & Tilt motor.

André Wilken ontvang die tweedeprys vanaf Swiegers Boating Heaven, ‘n 4,2m Sportster Kajuitboot op ‘n sleepwa met ‘n 60HP Mariner Trim & Tilt motor.

’n Karp van 3,552kg het vir Deon Kloppers R25 000 laat wen, en vierdeplek se prys was R10 000 vir AJ. Papenfuss, nogal ‘n junior van Pretoria! Jaco Struwig wen R5 000 met sy 3,411kg karpvangs.


Tot die tiende swaarste karpe wat geweeg word, het gesorg vir groot pryse.

Uitslae:

  • 10de. Wimpie van Deventer, 3.201kg karp.
  • 9de. C. Petzer, 3.260kg.
  • 8ste. O.J. Theunissen, 3.281kg.
  • 7de. Jaco Grimbeek, 3.315kg.
  • 6de. P. Spaumer, 3.386kg.
  • 5de. Jaco Struwig, 3.411kg.
  • 4de. A.J. Papenfuss, 3.488kg.
  • 3de. Deon Kloppers, 3.552kg.
  • 2de. André Wilken, 3.686kg.
  • 1ste. Franco Prinsloo, 4.426kg.
  • Drie top oewerhengelaars het ook pryse gewen, so ook drie top juniors waarvan AJ Papenfuss eerste was met ʼn karp van 3.488kg.
  • Top, (jonge) dame en ook junior Zani, met ʼn karp van 3.050kg.
Jaco Grimbeek het sewende plek verower met sy karpvangs.

Om die samekoms nog meer interessant te maak, was daar selfs ‘n R5 000 prys beloon vir die kleinste karp, wat toe net 0,165kg geweeg het. So ook R5 000 vir die meeste baars, en R5 000 vir die span met die beste spangees en spandrag.



Die prysuitdeling op Sondag was voorwaar ‘n fees met Jaco van der Walt wat opgetree het om die deelnemers, hul gesinne en vele belangstellendes te vermaak.


*Die volgende Karp Bonanza se datum is reeds bespreek, merk dit in jul dagboek: 3-5 Oktober 2025.




The latest digital edition of THE BANK ANGLER / DIE OEWERHENGELAAR is now available!

The latest digital edition of STYWE LYNE/TIGHT LINES is now available!

5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x