
Vir 20 jaar lank hengel Basil Smit van Middelburg (ook ’n ywerige diepseehengelaar) kompetisies by Loskopdam, waarvan hy ’n hele paar keer met kleiner pryse weggestap het, maar hierdie jaar ry hy in ’n Suzuki SX4 2L by Forever Resort se oord uit.



Andre Booyens en sy dogter van Witbank, Rod & Reel.
Hengelaars het van oral oor die land na hierdie jaar se Karpbonanza op 4, 5 en 6 Oktober by Loskopdam bymekaar gekom met die doel om hul hengelvernuf uit te toets op die Saterdag en dan met die wenprys, ’n Suzuki SX4 2L, of een van die talle ander pryse Sondag met prysuitdeling weg te stap. Van so ver as Bloemfontein, Rustenburg, Natal, Nelspruit en omliggende gebiede rondom Loskopdam het ’n totaal van 784 deelnemers ’n heerlike sonnige naweek alles ingesit en geniet om karp te vang vanaf die Forever Resort Loskop Dam se oewers of boot, en dan voor 5-uur Saterdagmiddag in te weeg.
LOSKOPDAM – 5 Oktober 2019
- Damvlak: Ongeveer 76%
- Maanstand: Eerste kwartier
- Watertemp: 22,5°C teen 12-uur die middag
- Wind: 7km/uur, Noord-oos
- Lug Temperatuur: 31°C / 11°C
- Lugdruk: 1018 hPa
Die eendag kompetisie het die Vrydag as oefendag, of voerdag, aangebied, wat sekerlik baie gehelp het vir diè wat ’n eerste keer die dam besoek het, en natuurlik ook vir die kenners wat weet dat daar vooraf gevoer moet word om karpe uit diè gesogte dam te lok.
Die wegspring vir die bote was Saterdag vroegoggend met eerste daglig toe die SAPS Watervleuel die “Go-Ahead” gee deur met spoed weg te trek. Elkeen het na sy plek gejaag, dadelik hul bote geanker en in ’n oogwink was die visstokke in die water, aas gereed vir die karp om te vat en die hounette vol te maak.
Saterdag vroegoggend



Bote…
Vir sommiges was dit ’n moeilike dag, die vis wou aan niks byt nie, waar ander weer sakke vol vis na die inweegstasie kon bring. Sekere vis is in diep water gekry waar ander weer in vlak water gekry is. Basil Smit vang die swaarste karp van 4,72kg en stap (ry!) met die algehele wenprys weg. Hy is van Middelburg, sommer naby Loskopdam. Hy en sy span het eers 5-uur die oggend by die oord se hek ingeklok, kaartjies gekoop, en teen half sewe was hul by die kabel, reg vir hengel. Hul span was vier lede met sy vrou, Tanya reg langs hom. Hulle het by die kabel, regs by die inloop geanker, en sonder ’n visvinder ’n kans in 4 meter water gevat wat toe suksesvol was!
Die oewers, Forever Resort & Marulani



Wenkarp van 4,720kg! Wenner Basil en sy vrou Tanya Smit op hul boot.
Inweegstasie
Prysuitdeling: Lucky Draws + Pryse
Onder die top 12 wenners was daar drie dames en 1 junior wat met goeie pryse beloon was.
Die gemiddelde karp se gewig was 2,2kg in die boot-afdeling, en 1,9kg vanaf die oewer, waarvan daar 111 boothengelaars en 18 oewerhengelaars karp ingeweeg het.
Met prysuitdeling was die deelnemers se harte verbly met gelukkige trekkings, onder andere ’n groot prys met ’n waarde van R15 000, naamlik ’n diamant hangertjie met 120 klein diamante, ’n totaal van 1 karaat!
Links staan Gys Pitzer met sy span – Gys Pitzer Motoring
Andre Booyens – Rod and Reel, Witbank Monica van der Linde – Forever Resort Die borge!





7de Plek – A Brits Diamant-wenner 8ste Plek – T Kannemeyer 9de Plek – F Stander Lucky draw wenner – Tanya Fuhri wen ‘n Cadac Gas Braai.
Die hooforganiseerder, Kobus Hermitage en sy span het voorwaardelik agteroor gebuig om almal te bederf. Hulle doen hul taak goed met hardewerk om talle borge aanboord te kry vir spog pryse.

Hier is die waardevolle borge wat die kompetisie maak gebeur het, ondersteun hulle gerus sodat ons volgende jaar weer so kan maak!
Dankie aan hierdie borge!


