I. KARPBONANZA 2021

Loskopdam is al dekades gewild vir talle hengelkompetisies waarvan die Karp Bonanza een van hul is. Vir 13 jaar agtermekaar trek dié gewilde kompetisie heelwat boot- en oewerhengelaars van regoor die land, waar dit vanaf die Forever Resort se gronde gehou word. Die oord beskik oor gerieflike kampplekke, vakansie- en gastehuise, houtchalets, koue en warm swembaddens, ‘n restaurant wat oggend-, middag- en aandetes bedien, en talle meer aktiwiteite wat die hele gesin op hierdie mooi oord in Mpumalanga besig sal hou.
Hierdie jaar was daar nie soveel inskrywings soos vorige jare nie, want deesdae kan mens mos niks meer vooruit beplan nie. Steeds kon 495 hengelaars hul lyne natmaak om ‘n kans te staan vir fantastiese pryse.
Tydens die skippersvergadering Vrydagaand, het organiseerder Kobus Hermitage en die Polisie al die reëls duidelik deurgegee, so ook per Whatsapp sodat almal bewus was wat die reëls vir die kompetisie behels. Alles bekend aan gereelde bywoners, was daar wel een uitsondering hierdie jaar, en dit is dat die swaarste sak karp verander het na die meeste karp wat jy vang. Vir die oewerhengelaars was dit maklik, maar vir die boothengelaars wat soms net een hounet het, was die aantal karp gedeel deur die aantal hengelaars op die boot.

KEEP FISHING ALIVE: If you like our work support For Anglers’ journalism with a digital membership!

Premium Digital

+ Current E-Edition of The Bank Angler, Tight Lines & The Carp Angler Magazine.
+ 1700+ Articles including weekly members only updates.
+ Digital Angling Library with over 38 back issues.
+ Aaskliniek Handboek 1, 2 & 3.
+ Access on 2 devices, anywhere, anytime.


R49.00 per Month or R499.00 Annually

Become a Member

Back to top button