fbpx
Bank AnglerFishing TipsHow To

Karphengel: Hoe om korrek te werp

Die kompeterende Karphengel in Suid Afrika word aangebied volgens die internasionale Karphengelreëls (FIPSed). Die reëls spreek spesifiek die toelaatbare werptegniek aan. Sou ‘n hengelaar nie gehoor gee aan die reël nie en die hengelaar word skuldig bevind, word die hengelpaar summier geskors vanaf die kampioenskappe. Vir die afgelope jaar of so is die deelnemers aan Suid Afrikaanse Karphengel kompetisies versoek om gehoor te gee aan die reël. Ongelukkig het die meeste hengelaars in Suid Afrika groot geword om met die swivel-werptegniek te hengel. Hierdie artikel se doel is om in “detail” die toelaatbare werptegniek te bespreek om sodoende die hengelaars in staat te stel om hul werptegniek te wysig. Hierdie tegniek is ook volgens my die akkuraatste werptegniek.

Stap 1
• Die skouers is parallel met die oewer.
• Die stok kan regop gehou word of voor-en-toe in die rigting wat gewerp wil word.
• Indien jy regs werp, plaas die linker voet voor die regter voet.
• Die stok word dan met ‘n stadige beweging na agter “geswaai”

Stap 2
• Terwyl die stok na agter “geswaai” word, gee jy een tree voor-en-toe met die regter been (as jy regs werp).
• Die stok word steeds agter toe “geswaai”.

Stap 3
• Die regter tree word volledig uitgevoer en die balans moet steeds behou word.
• Die linkerhand wat op die steel vashou, moet in die werp rigting gehou word.

Stap 4
• Sodra die stok feitlik parallel is, gee ‘n tree voor-en-toe met die linkervoet.
• Die linkervoet sal op die grond wees wanneer die werp uitgevoer word.

Stap 5
• Sodra die linkervoet stewig gegrond is en die stok parallel is, word die stok stelsel matig vinniger na voor-en-toe geswaai.
• Jou arms is bokant jou kop om die werp boog so groot as moontlik te maak.
• Die stok moet in hierdie posisie reeds gelaai wees. Die stok sal dus gebuig wees.

Stap 6
• Die linkerarm moet baie trek krag toepas om die steel om spoed/ energie aan die stok te gee.
• Die steel van die stok wys steeds in die rigting van die werp doelwit.

Stap 7
• Die liggaamsgewig word van die regter been na die linker been oorgeplaas soos wat die stok oor die kop beweeg.
• Die linkerarm trek die steel na die linker heup.
• Die regterarm word so reguit moontlik gehou en dit stoot die stok vorentoe.

Stap 8
• Die volle liggaamsgewig is om die linkerbeen.
• Die regter been se hakskeen behoort van die grond af te lig. Indien dit ‘n uitermatige harde werp is, kan die regter voet heeltemal van die grond af lig of selfs ‘n tree na voor voltooi.
• Die regterhand behoort die laer as jou gesig te stop nie.
• Indien die regterhand laer stop sal die werp negatief beinvloed word.
• Altwee hande bly op die stok totdat die aas in die water land.
• Die werp is afgehandel.

Voorbeelde van hoe om nie te werp nie!

Algemene foute:
Die hengelaar se staan posisie vir die werp is nie korrek nie. Die foto hieronder toon die verskille in die die staan posisies. Die skouers moet parallel met die oewer wees.
• Die arms word nie bokant die kop gehou vir die werpslag nie.
• Die linkerskouer is voor die regterskouer tydens die werpslag.
• Die stok beweeg nie oor die kop nie maar skuins oor die skouer.

Afsluiting
Dit is belangrik dat alle deelnemers aan die karphengel faset hierdie werptegniek bemeester. Dit sal jou akkuraatheid bevorder en jy sal gehoor gee aan die reëls van die spel.
Die doel van die reël is om die veiligheid van die omstanders en die hengelaars langs jou te verseker sou die sinker afbreek.

Related Articles

Close