SAVOF-A Wen Die SA Ope Karptoernooi 2019
Verslag van John Hopley

Die SA Ope Karp Kampioenskappe word jaarliks aangebied deur die SAVOF Karpkomitee. Uitnodigings word per epos uit gestuur, en op die SAVOF Karpfaset se Facebook blad geplaas . Die borge en spanne wat belangstel skryf hulle span in. Die borgespanne probeer om die beste hengelaars te werf om hulle spanne te verteenwoordig. Die borg van die span kontak dan hengelpare om hulle span te vul en as sulks teen die SAVOF-A en SAVOF-B karpspanne mee te ding.
Hierdie jaar was die SAVOF-A en SAVOF-B karp spanne onderleiding van Pieter Bosch, Casper “Lappies” Labuschagne en Johan Hopley. Die toernooi is geken as ‘n geleentheid waar die beste karphengelaars teen mekaar kompeteer en is elke jaar n hoogtepunt vir baie hengelaars.
Alles het die Vrydagaand begin waar spanne by die opening funksie bymekaar kom om skouers te skuur en te kyk in watter sone en teen wie gaan hulle hulself hierdie jaar meet. Die spanne van Super Cast ,Twin Series/Purple Carp en Mpumalanga-ontwikkeling en die toernooi word geopen.
Jy kan die elektrisiteit in die saal voel soos die sones getrek word. Hengelaars begin dan direk hulle opposisie opsaal en daar word gesels wie gaan in watter area sit. Die penloting word Saterdagoggend by die water gedoen voor die eerste sein afgaan. Dan weet elke hengelaar waar presies hy gaan sit vir die volgende drie dae. Dit is al deur die jare bewys dat -n 72-uur toernooi nie ‘n naelloop is nie, dis ‘n marathon.
Saterdagoggend vroeg het almal bymekaar gekom en die penloting skedule word deeglik dop gehou en almal kyk watter nommer hulle trek. Daar is een nommer wat ‘n span twee kantpenne gee wat ‘n groot voordeel is. Na die pentrekking gaan elke paar na hul kampie waar hulle die volgende 72- uur gaan alles gee om as die volgende SA Ope Karpkampioen te word en ook ‘n goeie posisie in hulle sone vir hul span te behaal.
Ons almal het al oor die jare gesien die toernooi toets hengelaars se kennis en ervaring tot die uiterste. Die weer speel ‘n baie groot rol oor presies hoe jou benadering gaan wees ten opsigte van byvoorbeeld jou voerplan. Elke pen kan maksimum 200kg voer inneem en uit ondervinding het ek gesien dat indien die weer patroon dieselfde of warmer word oor die tydperk en dae na die toernooi, gaan jy baie voer in die water insit. Indien daar ‘n koue front inbeweeg of die temperature daal gaan dit verseker die vis se voerpatrone verander. Ons het temperature gehad van 28 grade Celsius in die dag maar dit was nog bitter koud in die vroeë oggendure.
Hengelaars slaan hul kampies op en begin dan kartering doen om die dieptes, bodem en struktuur voor hulle te bestudeer. Dit bepaal op watter diepte en afstand gevoer en hengel word in die area voor hulle. Ons het gesien dat daar baie plekke in Bloemhofdam is waar slik ingespoel het. Indien jou benadering nie korrek is gaan jy nie kan kompeteer nie. Meeste hengelaars gebruik die inlyn sinker sisteem, maar indien jy slik het in die area wat jy hengel moet ‘n helikopter sisteem voorkeur kry.
Na amper 24-uur in die toernooi in was die SAVOF- B span in die eerste posisie met SAVOF- A kort op hul hakke, Span Super Cast derde, Twinseries/Purplecarp vierde en die Mpumalanga ontwikkelingspan in die vyfde plek. Die posisies het van daar met elke inweeg verander soos die hengelaars die vis na hulle hengel area lok. Wat baie opmerklik was, was dat daar baie babers ook gevang is. Dit is verseker die eerste keer in jare dat die ou snorre die manne so besig hou diè tyd van die jaar.
Soos die telkaarte uitgestuur word begin almal op sosiale media agter die hengelaars en hul rolmodelle inkom en hulle bly moed inpraat. Die laaste 18 ure van die toernooi was vir almal ‘n naelbyter met die posisies wat heeltyd verander. Dinsdagoggend kon jy sien die hengelaars het almal min of glad nie geslaap in 24 uur nie. Die inweeg sessie van 5-uur Dinsdagoggend was die laaste een wat bekend gemaak is, so hengelaars het mekaar dop gehou en probeer om die sone te wen. Om 10-uur Dinsdagoggend eindig die marathon en die beamptes kom weeg die laaste visse. Die span van TwinSeries het verlede jaar die toernooi met een vis gewen. Ons het verwag gewig gaan verseker weer ‘n rol speel met die plasing van spanne op die einde telkaarte. Soos die manne oppak vra hulle die ander hengelaars in hul sone wat hul laaste vangstes was om te bepaal of hulle genoeg gedoen het om hul wen te verseker.
Op die prysuitdeling- funksie het almal bespiegel of gaan Twin Series dit twee in ‘n ry maak. Super Cast het ook ‘n groot aanslag gemaak op die einde maar dit was die SAVOF-A span wat die toernooi vir die eerste keer in vyf jaar kon wen met ‘n eerste posisie in die A sone, tweede posisie in die B en C sone en ‘n derde plek in die D zone vir ‘n totaal van 8 punte.
Die silwer en brons medaljes moes volgens massa bepaal word aangesien twee spanne met dieselfde punte geëindig het. Twin Series/Purplecarp het silwer gewen en Super Cast brons. Die SAVOF-B span het vierde plek behaal en Mpumalanga-ontwikkeling die vyfde plek.
Die SA OPE individuele kampioenpaar van 2019 met die swaarste vangste vir die toernooi was Andre Fourie en Jan Tolmay van Span Twinseries/Purple Carp met 456.56 kg.

Die SAVOF-A span se strategie was verseker die wen plan en was puik uitgevoer van die begin af, naamlik om baie te voer op twee afstande, met die naby kol waar baie meer voer geplaas is. Die fyn voer van beide SAVOF spanne was verskaf deur Super Cast – 30kg SVB elk. Die SAVOF spanne het heelwat boilies en growwe voer ingesit soos mielies, grondboontjies en tiger nuts wat die resultate gewys het met twee van die drie grootste karpe in die toernooi. Vir die SAVOF-A span is ‘n 6.40kg karp deur Jan en Marius Schebusch gevang, en ‘n 6.19kg vis is deur Janu De Beer en Janus Cronje ingeweeg. ‘n Totaal van 1528 vis met ‘n gewig van 5361.59 kg is deur die pare ingeweeg.
Die SA OPE Karptoernooi gaan in die toekoms in die somer aangebied word en die Binnelandse Proteaspan word Ingesluit, sowel as die deelname van Australië en Nieu Zealand .
Die Karpkomitee wil graag sy dank uitspreek aan al die borge wat betrokke was om die toernooi weereens so ‘n groot sukses te maak. Dankie aan Super Cast , Twin Series /Purple Carp, Mpumalanga-ontwikkeling en Noordwes Parke – sien julle volgende jaar, maar tot dan is die room van SAVOF die kampioene!










J Beukes en A Schutte C2 J Du Plooy en S noome B4 J Nelson en A Smit C1 Janus Cronje en Janu De Beer C5 M Schlebusch en J SchlebuschB1 MC Cloete en A Wilkins C3 R Klopper en J Coetzer A1 SA OPE 1ste individueel A Fourie en J Tolmay 456.66 TwinSeries Purple Carp W Fraser en D Marais B2 L Coetzer en M Potgieter A2