Bank AnglerFishing Tips

Ken die substrate- soos modderige bodems

Daar is min substrate wat so vinnig kenmerkend is soos diep modder nie. Modder of “sagte” substrate is baie algemeen in damme in Suid-Afrika, en die eintlike tekstuur van modder is baie afhangend van die substraat en dikwels ook die plantegroei naby die oewer. Modder is nie altyd eweredig deur ‘n dam versprei nie, en meeste groot damme sal areas van modder bevat wat tussenin ander tipe substrate soos sand of klippe voorkom. Weens verskeie prosesse soos chemiese verwering, fisiese verwering (stroom en water beweging) asook afsaksels vanaf strome wat die dam binnevloei, verander die karakter van die dam bodem gedurig. Groot damme soos Vaaldam strek oor verskeie onderliggende substrate, byvoorbeeld die suidelike oewer van die dam is geleë op moddersteen, skaal – en sandsteen, terwyl die noordelike oewers weer op Tholetic basalt, mica sandsteen en siltsteen geleë is. Dit is dus raadsaam om verskillende areas van ‘n dam te ondersoek en te toets voor jy ‘n hengelplek kies.
In hierdie artikel verwys ek na ‘n modderige substraat as ‘n substraat wat oorheersend modderagtig is met kenmerkend eienskappe van ‘n sagte, waterversadigte substraat met ‘n fyn tekstuur. Meer tegniese gesproke, kan modder nog verder verdeel word volgens die persentasie van ander materiaal soos klip, sand en klei, maar vir die doel van hierdie artikel is dit onnodig. Modderige substrate kan baie wissel in terme van hull diepte, en onder sekere omstandighede vorm dit ‘n diep laag wat frustrerend kan wees om in te hengel wanneer jy gereeld tot jou kuite of knië moet insink.

Langs die oewer

Die eerste uitdaging van modder is hoe om dit effektief vanaf die oewer aan te pak, sonder om aan die einde van dag geheel en al jouself en jou hengelgerei daarmee te beklee. Stokstaanders en hengelkaste moet hoog bo die grond gehou word en ‘n emmer water moet altyd byderhand wees om jou hande te was, veral na ‘n vis geland word. ‘n Groot seil wat oor die grond gelê word na aan jou stokke is ook baie effektief as ‘n werks area vir voer voorbereiding ens. Vermy ten alle koste om op die grond te werk as jy ‘n modderagtige dam hengel – ‘n opslaan tafel is die antwoord vir hierdie probleem. PVC waadbroeke wat tot op jou heupe kom is ook ‘n groot voordeel in hierdie omstandighede omdat hulle maklik skoongemaak word. Modder neig om Neoprene waadbroeke vinnig vuil te maak en is nie so maklik om weer skoon te maak nie.

Nou vir die Hengel
‘n Baie belangrike aspek van modder is hoe dit moontlik jou aas voorstelling asook die reuk verspreiding kan beinvloed. Modder vervorm maklik en diep modder kan nie baie gewig ondersteun nie. Dit is veral geldig vir swaarder, digte aassoorte soos voerbolle wat maklik in die modder wegsink en jou duursame boldip versmoor. Modder wat onderwater lê word ook deur die geringste water beweging of strome versteur en gevolglik word jou hoekaas met ‘n fyn laag silt bedek. Die gevolg hiervan is dat karp langer vat om jou aas te vind. Die ideale omstandighede om te skep is dat jou voerbal so veel as moontlik van die reuk aan die oop water voorstel. In ‘n vorige artikel in Oewerhengelaar het ek die belangrikheid van voerbal balansering met boldips bespreek, en hierdie is een substraat waar dit uiters noodsaaklik is. Om ‘n voerkol oor diep modder te vestig vereis weer eens ‘n aanpassing van jou tegniek. Swaarder saadsoorte neig om in die modder in te sink of vinnig met silt bedek word; die feit is dat karp sulke voer uiteindelik sal kry maar dit is nie ideaal nie. Ligte sade en voerballe wat vinnig opbreek sal ‘n meer doeltreffende keuse wees oor ‘n sagte substraat. Bestanddele soos bread punch, fyngemaalde hondebrokkies (verbasende goeie aas vir karp!) en droê brood, asook Cous Cous is geskik. Voerhouers wat die aas op die substraat van bo af laat val soos Rockets is perfek om voer saggies op die bodem neer te lê. Ligte en broos voer bestanddele (soos brood) skep na ‘n ruk ‘n troebel laag opgeloste stysel bo- oor die modder wat ‘n baie goeie aas advertensie is. Die byvoeging van floresien is ook ‘n goeie idee.
Met verwysing na hoekase, is dit ‘n ideale substraat vir aastipes wat hoog bo die substraat adverteer. Drywende aassoorte, kritiese gebalanseerde ase, floaties en bruispill-ase is uitstekende keuses om te gebruik. Dit is veral belangrik in die vroeër stadium van die hengelsessie wanneer die karp nog nie die voerkol gekonsentreer het nie en jy lok net enkele visse na die voerkol.

Een van die voordele van sagte substrate is dat modder in ‘n gesonde sisteem baie ryk is aan humus and ander voedingstowwe wat ‘n groot aantal akwatiese inseklarwes ondersteun. Karp in sulke sisteme is dikwels in puik fisiese toestand en gesond. Daar is egter een nadeel hieraan, en dit is dat karp wat op sulke modder banke wei die heeltyd omsingel word deur ‘n wye verskeidenheid organiese reuke, wat beteken dat jy genoeg voer van die regte geure moet neerlê om hulle daar uit te lok en te hou. Karp wat aktief wei in modderagtige areas skop en grou en is baie aktief, veral wanneer hulle besig is om plantwortels te vreet. In vlakker areas is hierdie voerkolle soms maklik sigbaar, maar die visse is gewoonlik sku onder sulke omstandighede. Karp is veral lief om in modder te wei wat naby aan groot riet of watergrass banke is waar hulle gedurig op en af patroleer. Hulle teenwoordigheid kan dikwels gesien word aan skerp pluk en stamp bewegings wat hulle aan die riete veroorsaak.

Met betrekking tot you voorgerei het modder altyd ‘n neiging om jou sinker diep vas te trek as dit daarin sink, en ook jou voerhouer (veraal spiraalvormige voerhouers), swivels, voorslag en hoeke te beklee. Dit kan ‘n frustrerende besigheid wees om dit alles na elke gooislag skoon te moet maak. My persoonlike keuses is om eers ‘n hoof voerkol vanaf ‘n boot te maak en daarna net by te voeg met ‘n verbal op jou strop. Plat-gevormde sinkers met ‘n groot oppervlak area is ook ‘n beter keuse om te keer dat jou sinker te diep in die modder in sink. Vermy spiraalvormige voerhouers in sagte modder.

Ten einde, modder substraat vertraag die spoed waarmee jy kan vaskap. Die sinker sal tot in die beste omstandighede steeds effe wegsink, dus is stroppe waar die hoeke voor die sinker lê baie effektief (soos die Paternoster) asook stroppe waar die karp homself haak (haarstroppe). Klein, flymskerp hoeke is noodsaaklik vir hierdie areas. Damme wat baie rietbanke en modder het, bied ook uitstekende areas aan vir dobberhengel soos waggel dobbertjies waar die aas net bokant die substraat gebalanseer kan word; natuurlik het diè metode uiterste bytsensitiwiteit. Die enigste verandering is dat dit jou beperk tot kleiner stokker en effe fyner gerei.

KEEP FISHING ALIVE: If you like our work support For Anglers’ journalism with a digital membership!

Premium Digital

+ Current E-Edition of The Bank Angler, Tight Lines & The Carp Angler Magazine.
+ 2500+ Articles including weekly members only updates.
+ Digital Angling Library with over 38 back issues.
+ Aaskliniek Handboek 1, 2 & 3.
+ Access on 2 devices, anywhere, anytime.


R55.00 per Month or R550.00 Annually

Become a Member

— OR —

LogIn

Already a member? Log in here

Related Articles

Back to top button