Kleinbek-geelvis
deur Rudolph Venter foto: Brandon Stonefield

Geelvis word dikwels as die lewende goud van ons waters beskou. Die kleinbek-geelvis is die geelvis wat die meeste deur hengelaars gevang word. In skoon waters kom indrukwekkende kleurvariasies van dié vis voor, veral in Sterkfonteindam en die Richtersveld wat albei Mekkas van kleinbek-geelvis is. Dit is ’n stroomvis en die spoed waarmee dit met jou aas op loop sit, sal jou verras.