Kom ons bou stroppe – Die Gly Rietvleistrop
Hierdie reeks vir nuwe asook bestaande hengelaars verduidelik hoe al die verskillende stroppe gebind word, en daarby ook die verskillende gebruike daarvan. Verskeie metodes word verduidelik.
Die Glyrietvlei is seker die gewildste strop onder modern sosiale en kompeterende hengelaars in Suid-Afrika. Die strop word gebruik om alle visspesies te teiken soos Karp, Moddervis, Graskarp, Geelvis, Baber ensovoorts. Die strop kan ook vlak of diep gehengel word, vanaf 30m tot 140m.