fbpx
[bsa_pro_ad_space id=2]
AaskliniekBank AnglerHow To

Kookdegie-in-‘n-sakkie – Maak jou eie so…

Daar is ‘n maklike metode om ‘n kookdegie van jou keuse voor te berei: in ‘n sakkie…

Benodighede:
Koekmeel of semolina, water, kleur-of geurmiddel, ‘n ketel of pot waarvan die water aanhoudend kook, ‘n deegsakkie, ‘n teelepel, mengbakkie en suiker.

Stap 1: Maak ‘n gewone degie met koekmeel of semolina, water en suiker, maar sorg dat die degie baie slap is. Gooi ‘n kwart tee lepel suiker in die mengbakkie, gooi 25ml water by en los die suiker op. Voeg die meel by en roer die mengsel voortdurend. Sorg dat al die klonte uit die beslag is.
Stap 2: Sou jy ‘n gegeurde degie verkies, kan jy nou die geurmiddel byvoeg en goed in die beslag meng. As jy net ‘n gekleurde degie wil maak moet jy liefs die kleurmiddel in die water oplos waarmee jy die degie in stap 1 maak.
Stap 3: Met behulp van ‘n teelepel, skep nou die slap deeg in ‘n klein plastiek deegsakkie. ‘n Plastiek banksakkie sal ook werk, alhoewel dit bietjie groot en lomp is. (Dis belangrik dat die sakkie goed kan seël.)
Stap 4: Seël die sakkie en plaas dit binne-in die ketel waarvan die water kook. ‘n Pot met kookwater kan ook gebruik word.
Stap 5: Die deegsakkie sal sink, maar hou dit fyn dop – sodra die degie gaar is sal die sakkie na die oppervlak styg en kan jy dit met behulp van ‘n lepel uit die water skep. Die degie kook gaar in ‘n kwessie van ‘n paar sekondes.
Stap 6: Die kookdegie is nou gereed vir gebruik en kan net so in jou aaskas gebêre word vir die volgende dag se hengel.
Tags
Close