
KUNSAASHENGEL-KLASKAMER: Vang Van Makriele In Diepwater
Makriele is een van die visse wat kunsaashengelaars graag vang omdat dié vis kunsaas so geredelik vat. Dit kom redelik wyd verspreid in meeste Laeveld- en Bosveldstreke voor (in Mpumalanga, Limpopo, Noord-Noordwes, Noord-KZN). Van die bekendste damme waar jy makriele sal kry is Loskop, Arabie, Vaalkop, Klipvoor, Doorndraai, Rhenosterkop, Marico, Molatedi, Mogol en Tzaneen.