KUNSAASHENGEL: ‘n Besoek aan Loskopdam in die winter – babers of swartbaars?
Loskopdam is vir seker een van die mees gewilde hengeldamme in Suid-Afrika! Vir die kunsaashengelaar is daar in elke seisoen van die jaar vis by die dam om te vang. In die somer kan meer as 13 visspesies gevang word, letterlik van ‘n ghieliemientjie tot ‘n baber. In die lente maak die vis reg om te broei en is dit veral groot swartbaars wat dan geteiken kan word. Deur die winter is die dam baie gewild vir sy mooi babers maar ook vir swartbaars. Gedurende herfs voer die bloukurpers vir oulaas voor die winter kom.