
LESER: Tiervishengel In Die Kongo
Ek en vriende, Mark, Gerhard en Donald was gelukkig om saam met ’n Belgiese vriend (Pierre) verlede Mei pragtige tiervisse (“waterhonde”) in die suide van die DRK te vang en terug te plaas. Moet sê daar is pragtige groot riviere en nogal baie vis. Ons het ook baie mooi vis gedurende die hengelsessies verloor want die tiere is hard op jou hengelgerei en die kunsase word lelik verniel, maar ek sien uit na die volgende keer!