LESERS | READERS: April 2024

Hierdie bladsye is opgedra aan ons lesers om hul vangste te vertoon. 

OM IN TE SKRYF: E-pos ‘n foto en detail van die vangs as aanhegsels gemerk ‘Lesers’ na: 

stywelyne@stywelyne.net


These pages are dedicated to our readers to showcase their catches. 

TO ENTER: Email an image and details of the catch as attachments to: stywelyne@stywelyne.net marked ‘Readers’. 


FOLLOW US ON:

www.facebook.com/stywelyne

www.instagram.com/stywelynetightlines/


SAN-MARIE ROSSOUW

Marlyn vir Valentyn.

Ek het my eerste marlyn gevang saam met Free Spirit Deepsea Fishing Charters, by St Lucia op 14 Februarie. Wat ‘n lekker geskenk vir Valentynsdag, en boonop ‘n datum wat ek, (en my man), nooit sal vergeet nie! Hy sê hy is nou vooruit betaal aan geskenke vir ’n hele paar jaar. Die marlyn was weer vrygelaat.



RICHARD ROSSOUW

My Maart-vangste by Grootdraaidam was die 18kg en 15kg babers op ’n karpstok met erdwurms gevang, dit het my so uur elk besig gehou.


FRANKO ROSSOUW

My seun Franko Rossouw, (16jaar), het net voor 20:00 die 14,5kg baber opgetel met ’n lewendige vissie. 



CHARLES GEYSER

Ek hengel al ongeveer 30 jaar in Hibberdene op die KZN Suidkus wanneer ek kans kry so een- of tweekeer ’n jaar met vakansie, en voorwaar, om twaalfuur die middag net na laagwater vang ek onverwags dié droomvis van die strand af! Dis ’n kobia (prodigal son) met ’n lengte van 130cm, bereken 24kg! Die aas was ’n kreefstertjie. Ek het nie eens geweet dis moontlik om ’n diepseevis vanaf die strand te vang nie. Al wat ek kan sê is: kry jou lyn in die water, anders het jy nie ’n kans nie! Elke gooi kan ’n verrassing wees.


ROELOF KLEINHANS

Ek en my seun, Juan het op ’n Saterdagoggend in ’n privaatdam naby George vir baars gehengel. Die wind het net liggies begin waai toe vang ek die swartbaars op ’n klein ‘paddle tail’. Ons het saam seker oor die honderd klein baarse gevang.



URSULA EN GUSTAV GRIMBEEK

Ons gaan gereeld uit op die see by Port Alfred, en ook op die Kowierivier opsoek na eetvis. Ek het die kabeljou met ’n Scarborough-katrol ingebring, met seekat as aas wat ek self opsit. Dis altyd ’n stewige baklei, maar tog lekker vir ’n oorwinning. Gustav het die kabeljoue in die Kowierivier aangekeer. Ons geniet die buitelewe en visvang daarby, baie!


PIETER MEIRING

Ek hou daarvan wanneer oom Pieter saam met my na vis gaan soek. Hy het goeie kennis wat en waar om te vang, in die diepsee, van die strand, en ook die riviere in die omgewing rondom Port Alfred. Gustav Grimbeek.



THEO SWART

I caught this beautiful kob on a live mullet. What a lovely surprise!


BRANDON WESTERDALE

Ek het dié Natal stompie van 2,95kg met ’n 6.6 voet Ugly Stick en 4kg vleglyn op ’n 1000 Shimano Sienna gevang.

Die 50cm reënboogforel het ek by Barkley- Oos gevang. My gerei was ’n Greys vliegstok-kombo met ’n Minnow vliegie.



WILLIAM VAN JAARSVELDT

Paasnaweek se vinnige vier.

Die besluit vir ’n oggend se bootrit om babers te vang was kort van kennis maar die stokke het reg gestaan. Roodeplaatdam, om die draai van ons, was ons bestemming en die tyd was vroegoggend. Ons was net twee. Ek en my aanstaande skoonpa, Jaco Grimbeek, het met die boot by die Munisipale-oord gelanseer. Die water was spieëlglad, en babers was ons teiken.

Na ons, ons posisie bereik en geanker het, aas vinnig ingegooi, het die stokke baie stil gelê. Geen aksie vir amper twee ure nie! Die water het wel om ons gewemel met babersnorre …

Kort voor lank, vat hy! En so op elke uur loop daar ’n lyn met babers van tussen 5 en 7 kilogram. Die wind was ’n noordweste teen ongeveer 7km/u met watertemperatuur van 23 grade Celsius.

Drie van die babers was op ’n baberstrop gevang, en een met ’n floutie … ’n karpstok vir net ingeval ’n grote daar verby wei. Met die inkatrol daarvan om nuwe aas op te sit, loop die lyn styf en diepwaters toe. Ek vermoed die optel aksie van die strop het die baber se aandag genoeg getrek om gesluk te word.

Om een-uur die middag draai ons by die hek uit op pad huiswaarts. Dit was ’n goeie afsluit vir die kort, maar aksievolle oggend.


STEFAN THOMPSON

Graag wil ek spog met my twee vangste by die Margate Pier. Ek het hierdie geelstert van 9,75kg met ’n lewendige elf gevang, en die hammerkophaai van 13kg met ’n lewendige kolstert as aas.



ANDRIES VAN DER WALT, NIËL EN JACO GRIMBEEK

Ek en my vriend, Andries het die geleentheid gekry om saam met my pa vanaf die boot by Roodeplaatdam babers te vang. Van die oomblik wat ons aas in was, het die een na die ander gebyt. Ons het baie verloor, tog sewe geland in die sesure wat ons daar was.


FOLLOW US ON:

www.facebook.com/stywelyne

www.instagram.com/stywelynetightlines/



5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x