LOSKOP AIM 2024: Hengelkompetisie ter wille van oorlewing

Die Loskop AIM (alien invasive management) kompetisie is ‘n jaarlikse hengelkompetisie wat by Loskopdam aangebied word met die doel om die getal swartbaarse in die dam minder te maak. Dit is veral kleiner swartbaarse onder een kilogram  wat geteiken word want dit is die kleiner swartbaarse wat heeldag op die kleiner visspesies in die dam jag maak. 

Loskopdam is een van die weinige damme wat nog ‘n goeie verskeidenheid  inheemse visspesies het en die natuurlike erfenis moet bewaar word. Dit is veral die kleiner visspesies soos, riviersardyn (glasies),  ghieliemientjies, rooioogmoddervis en dwergkurper wat gevaar staan om deur die groot getalle swartbaars uitgewis te word.

Dit is daarom dat die noukeurige bestuur van uitheemse visspesies, soos karp en swartbaars van kardinale belang is. Daar is talle damme wat totaal oorbevolk is met die swartbaars.  Die oorbevolking van swartbaars en karp is nie net ‘n bedreiging vir inheemse visspesies nie, maar veroorsaak dat die swartbaars en karp weens onderlinge kompetisie nie groot word nie. 

Damme soos Rust der Winter is ‘n goeie voorbeeld waar swartbaars absoluut oorbevolk geraak het, en  dit moeilik raak om ‘n swartbaars van meer as een kilogram te vang. Die natuurlike kleinspesies het feitlik verdwyn in die dam en die dam het ‘n oormaat van klein swartbaars.  

Die AIM kompetisie lewer ‘n wesentlike bydrae om die balans tussen uitheemse swartbaars en inheemse visspesies te herstel.  By die afgelope AIM kompetisie is ‘n totaal van 1574 swartbaarse verwyder en talle swartbaars oor ‘n kilogram gemerk (tag) vir verdere navorsing.



Jong swartbaars eet daagliks baie dwergspesies as stapelvoedsel.
Pieter Steytler met een van baie swartbaars tydens die AIM 2024 gevang by Loskopdam.

Daar is talle hengelaars wat nog nie besef dat uithaal van kleiner swartbaars en karp ‘n belangrike element van bestuur van die akwatiese ekosisteem is nie. Die ondersteuning van die AIM kompetisie deur instellings soos MTBA, SASACC (en sy lede SABAA en SAALAA), E Bass, Forever Resorts Loskop, asook omgewingsbewaringsorganisasies soos Ecocare Trust is tekenend dat die bedryf besef dat bestuur van die akwatiese ekostelsel vir die oorlewing van ons hengelwaters nodig is.  



Hartlik geluk aan die volgende wenners:

Juniors Oewer:

  • 1 ste Wilize du Plooy
  • 2de JG van der Merwe
Wilize du Plooy was die wenner van die Junior Afdeling. Andre Booyens en Hanno Coetzee wens haar geluk.

Juniors Boot:

  • 1ste Mikhial van Veelen
  • 2de Calvin Steinhobel

Seniors Oewer:

  • 1ste Terrence Dobson
  • 2de Rubin Stolz
Terance Dobson was die wenner vir die meeste swartbaarse van die oewer gevang en ontvang sy tjek by Mossie Oosthuizen (hoofborg van Obaro Groblersdal) en Hanno Coetzee (Forever Loskopdam).

Seniors Boot:

  • 1 ste Bernard Venter en Pieter Steytler
  • 2 de Tersius Oosthuizen, Luan Oosthuizen en Johann Roux
Links, Mossie Oosthuizen, (hoofborg van Obaro Groblersdal) en regs Hanno Coetzee, (oordbestuurder), oorhandig die wentjek aan Bernard Venter en Pieter Steytler vir die meeste swartbaarse tydens die toernooi gevang.


Grootste swartbaars – Helgaard Nell

Hanno Coetzee (Forever Loskopdam oordbestuurder), Fran Pretorius en Andre Hoffman saam met Helgaard Nell wat die grootste swartbaar vir die toernooi ingeweeg het.

Kleinste swartbaars – Ruben Stolz

Sonder borge is dit nie moontlik om ‘n sukses van die kompetisie te maak nie.  Hartlike dank aan die volgende borge wat gehelp het met pryse vir die kompetisie:

Obaro Groblersdal, Roets en Van Rensburg prokureurs, Forever Loskop, Electratec, Tree Factory, Superspar Marble Hall, Wired Tech, Avidan, The Outdoorsman Witbank, Tops Marble Hall, Thungela, Succession Financial Planning en Manzi Marble Hall.

’n Spesiale boomplanting tydens die geleentheid waargeneem deur Andries Maree, (president SASACC) en Magriet Coetzee ( SASACC).


5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x