LOSKOP-KARPBONANZA 2022: Oewerhengelaar se 4,323kg karp wen die Renault!

WOORDE: Charmagne Grimbeek FOTO’S: Verskaf

Die jaarlikse Karpbonanza het die eerste naweek van Oktober by Forever Resort Loskopdam plaasgevind. Met 704 inskrywings en 184 bote was dit weereens ‘n sukses, nie net met die getal inskrywings nie, maar ook met die vis wat uitgekom het. Tot met die 10de plek se karp het by die 4kg geweeg, en boonop het die eerste twee plekke aan oewerhengelaars behoort!

Hierdie jaar was daar buitengewoon baie meer oewerhengelaars as vorige jare wat op die oewers van Forever Resort, Marulani, Suidhek en die ou pad gehengel het.

Die prysuitdeling op Sondag was voorwaar ‘n fees met Adam Tas wat opgetree het om die deelnemers, hul gesinne en vele belangstellendes te vermaak.

Die pryse was groot!


1ste Plek – Oewerhengelaar, Danie Pretorius, 4,323kg; wen ‘n Renault Kwid Dynamique geborg deur EASTVAAL MOTOR GROEP.

1ste Plek – Danie Pretorius wen die Renault Kwid Dynamique geborg deur EASTVAAL MOTOR GROEP. Gaskunstenaar Adam Tas staan regs.


2de Plek – Oewerhengelaar, Christopher Schoeman, 4,286kg.

Christopher vertel graag:

“Ons het die naweek Forever Resort Loskopdam besoek vir die jaarlikse Karpbonanza. So opgewonde soos ons was, het ons die Vrydag voerplek gemaak voor die oefentyd geëindig het. Saterdag toe die kompetisie begin, vang ek my eerste karp wat ongelukkig losgekom het net voor ons hom kon skep. Soos die tyd verbygaan het ek my besig gehou deur baars te vang, twee kleintjies uitgehaal, maar toe besluit ek dis hoogtyd dat ek alles moet insit om ’n plek in die kompetisie te kry! Voer weer net so voor twee-uur se kant, en sit en kuier verder lekker. Dis toe my een katrol ewe skielik skree, en ek speel die vis vir so 10 minute, en soos ek die vis sien, sien ek dat hierdie vis vir seker ’n wenvis kan wees. Hy het gebyt op ons Loskop-wenresep, Crème Brûlée, Nuclear floats, en ’n geheime produk wat al vir baie jare goeie visse gevang het by Loskopdam. En so wen ek ’n fantastiese tweede plek, ’n 3,05m semi-rigid rubberduck met ’n 5,8HP motor. Wat ’n fantastiese wonderlike ervaring en naweek!”


  • 3de Plek – MJC Slabbert 4,282kg – Boothengelaar
  • 4de Plek – Carlo Conradie 4,208kg – Boothengelaar
  • 5de plek – André Strydom 4,197kg – Boothengelaar
  • 6de – 10de plek – Grant Boucher, Werner, Buks van der Westhuizen, Henry, DP Koekemoer.
  • Top Juniors: Quintus van der Merwe en Tristan Campbell
3de Plek – MJC Slabbert.
Top Juniors – Quintus vd Merwe en Tristan Campbell.

Daar was ook pryse vir die meeste vis:

  • Oewerafdeling: EJ Alders
  • Bootafdeling: Neels du Plooy en Quintus van der Merwe
Meeste vis vir oewer: EJ ALDERS.
Meeste vis vir boot: Neels Du Plooy en Quintus vd Merwe.


The latest print edition of STYWE LYNE TIGHT LINES is now available in retail and selected angling stores!

0 0 votes
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x