MAJOR BASS GAUTENG: Lekker Baarshengel by Rust De Winterdam

VERSLAG: Wiehan de Swardt FOTO’s: Verskaf

Die Februarie Major Bass Gauteng Fish-off is by Rust de Winterdam aangebied. Die weer gedurende die naweek was deurentyd pragtig; die hengel op Saterdag was baie goed met meeste hengelaars wat al hulle ses visse in die sak gehad het.
Na die groot aantal bote en hengeldruk op die Saterdag was die visvang op die daaropvolgende Sondag egter bietjie stadiger. Die watertemperatuur op beide dae het gewissel van 27 °C tot 29 °C met die damvlak op 100%, en die water taamlik modderig.


Hester Brink vang die swaarste baars en is ook die dameswenner!
UITSLAE:
- 1ste: Wiehan de Swardt met 5,02 kg;
- 2de: Chris Jacobs op 3,7 kg;
- 3de: Thehan van Rooyen 3,66 kg;
- 4de en dameswenner: Hester Brink 3,45 kg.
- Die swaarste baars van 1,19 kg is deur Hester Brink ingeweeg.
*Om by Major Bass Gauteng se baarshengel-naweke aan te sluit, skakel Wiehan de Swardt op 011 249 8539.
