Meesters Feeder SA’s vind plaas in uitdagende omstandighede

FEEDER-KOMPETISIEHENGEL

WOORDE: Werner Lubbe | FOTO’S: Adele Liebenberg

Die 2025 Meesters Kampioenskappe in die Feeder-afdeling was geskeduleer om by Biermans, Vaaldam plaas te vind. Met die stand van die dam op slegs 23,4% in Desember, was daar omtrent geen water by Biermans nie, en moes die venue noodgedwonge geskuif word.

Van Driels-hengeloord was die aangewese plek en met die water so laag was dit die ideale plek. Meeste van die kliprantjies was uit die water en die sanderige oewer was mooi skoon. Al die reëlings is getref daarvoor en so vasgemaak. 

Maar toe stuur die Here vir ons die reën waarvoor almal gebid het, en dit in oorvloed. Skielik styg die Vaaldam van 23% tot 62% in twee weke en alles is weer in rep en roer. Skielik word die dam vol, die klippe is onder die water en ten spyte van pogings deur die oordeienaar, kon al die gras nie betyds effektief gesny word nie. 

Maar hengelaars is nie bang nie en hulle beur voort, hengel tussen die gras en maak die beste van die saak. Die uiteinde van die saak is dat die kampioenskappe ‘n groot sukses is, ten spyte van die talle uitdagings wat die organiseerders, beamptes en hengelaars moes hanteer.


Hier is ‘n paar foto’s wat die storie vertel.

Op die 10de van Januarie hengel ons saam met die Junior SA-kampioene, en die oewer is pragtig en oop, kort gras en sand.
Hier meet Owen Bezuidenhout sy lyne uit op die pragtigste sanderige oewer.
Die volgende dag hengel ons ‘n Elite Series-toernooi en die penne word sommer oornag oorweldig en skielik is die kliprante in die water.
Die wolke begin vroegoggend al instoot en dis duidelik dat daar reën op pad is.


Laatmiddag breek die storm behoorlik los en dis nie net hier nie, maar wydverspreid wat goeie reëns val.


Die volgende dag loop die water by Vaaldam in teen ‘n verbysterende 2000m3/s en is ons seatboxesteen die einde van die dag bykans onder die water.
Met die aanvang van die SA’s sit ons almal lekker tussen die grasse en dis ‘n redelike uitdaging om die vissies wat byt wel geland te kan kry.
Van Driels word redelik vinnig diep en op 15 meter is dit reeds 1,5m diep. Van die grasbanke was so ver soos 25m in, en alhoewel daar ‘n ad hoc reëling gemaak is dat hengelaars tot op 1,5m kan inloop om ‘n lyn los te maak, het baie vis steeds in die slag gebly.

Ettienne Hennop met ‘n mooi sak van meer as 6kg vir ‘n sone-wen op Dag 1.
Werner Lubbe met ‘n tweede plek op die sone en ‘n mooi muddie van bykans ‘n kilo.
Ernest Payne met ‘n mooi sak om Noordwes stewig in die eerste plek te sit na Dag 1.


Sarel Strydom van die Westelike Provinsie kon ‘n paar mooi visse aankeer.
Trompie Clark met ‘n wensak vir die sone, asook die sak wat hom individueel in die eerste plek geplaas het na Dag 1 – 8,11kg.
Callie Harmse weeg die swaarste enkelsak van die toernooi (9,81kg), asook die grootste sak oor twee dae van 14,61kg.

Martin Combrinck van die Oostelike Provinsie met ‘n klompie gesonde karpe vir die dag.
Neels van Vuuren van Noord-Oos Mpumalanga met ‘n mooi karp of twee.
Annetjie Lubbe was een van twee dames wat hier deelgeneem het en wys haar bydrae tot die Sentraal Gauteng-span.

Uitslae van die individuele kompetisie.


So het die trofeëlys daarna uitgesien.


Hier volg al die deelnemers in die spannekompetise in volgorde van prestasie.

Vrystaat – 16 punte met 86 vis vir 36,77kg.



Westelike Provinsie – 24 punte met 52 vis vir 28,77kg.
Limpopo – 24 punte met 62 vis vir 26,45kg.
Noord-Kaap – 26 punte met 59 vis vir 25,53kg.
Sentraal Gauteng – 27 punte met 65 vis vir 29,53kg.
Oostelike Provinsie – 27 punte met 73 vis vir 25,94kg.
Noord-Oos Mpumalanga – 29 punte met 45 vis vir 20,25kg.

Robbie Liebenberg van Gauteng land hier die grootste karp van die toernooi – ‘n bielie van bykans 3kg.
Die individuele presteerders (VLNR): Trompie Clark in die 2de plek, 1ste plek gaan aan Louis Steyn en Leon Gunter beklee die 3de plek.


Jan van Driel, die oewereienaar ontvang hier sy blyk van waardering vanaf die hoofbeampte, Sally Prinsloo.




The latest digital edition of STYWE LYNE/TIGHT LINES is now available!

5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x