Bank AnglerTight Lines

Mellisa Pringle land ‘n vettie op Pro Mania Finaal

Leeuplaas 2 April 2022

Mellisa hou haar lyf ‘Sandra Bullock’ soos sy pose vir foto’s na die inweeg met haar prag karp van 5,47kg. Saterdag was koud met ‘n wind wat deur mens gesny het en die reën was onophoudend. “Ek kon vir seker my polisiemanne beter dophou onder my nuwe Docks-sambreel … hehe.”

“Ek het eers hier voor op 55m rond gekrap om te kyk of die plan van die vorige oefendag gaan werk, maar die vis wou net glad nie aan die gang kom in die vlakker water nie. Ek besluit om my groot kanonne uit te gaan haal en clip hulle op 115m elk. Nog steeds het ek geen byt gekry nie, en besluit ek om die clip uit te haak en maak ek ‘n merkie op die lyn. So weet ek met die volgende gooie dat ek die 115m merk verbysteek, na ek besluit het om eerder oopspoel te probeer hengel. Met my Aventa Pro 6000-katrolle met 6lb Sensation Pro Series-lyn en Sensation DC Premiers hengel ek vir die res van die dag oopspoel en die vis kom stadig aan die gang.”

Aas vir die dag was Kariba-wurmpies onder, bo ‘n harde geel Super Cast-float. Op die bol het ek Super Cast se Perdeby en Legend gehengel, en so nou en dan het ek ‘n streep Sniper bygesit. SVB Xtreme-voer en Super Cast Peanut-voer, 50/50 gemeng.

Mellisa wen die 2de sessie van die kompetisie loshande en eindig overall 4de. Baie geluk!

0 0 votes
Article Rating

Related Articles

Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x