Moggel
deur Rudolph Venter foto: Michael Mardon

Labeo umbratus Die moggel word soms met die Oranjerivier-moddervis verwar. Die grootste verskil tussen die twee is hul bek se vorm en grootte. Die Oranjerivier-moddervis het ’n groot bek met dik, rubberagtige lippe, terwyl die moggel ’n klein bekkie met harde of sagte, dun lippies het. Verder sit ’n Oranjerivier-moddervis se bek onder sy kop…