My Pad na Sukses – Voorbereiding
DEUR: Jaco Mynhardt

Met die nuwe hengelseisoen nou in volle swang is elke maand vol hengelaktiwiteite. Soos met enige ding in die lewe is daar altyd “onplesier met die plesier”. In my geval is dit voorbereiding. Dit is altyd lekker om te gaan hengel maar moet dit nie waag om onvoorbereid by die hengelwater op te daag nie. Maar daar is tog ‘n bietjie lekker wat daarmee saam kom en dit is die feit dat jy weet jy gaan binnekort ‘n lyntjie natmaak!