A. MY TURN | MY BEURT
Wel, wanneer Mei by ons aankom is dit tyd vir verskeie aanpassings in ons hengel-lewenstyl, maar een ding bly konstant en dis dat as mens nie ‘n hoek in die water kry nie sal vis nie gevang word nie! Daarmee saam ‘n warm woord van welkom by ons Mei digitale uitgawe!
Vir ons soutwaterhengelaars kom die sardyne al hoe nader so die verwagting vir al die roofvisse wat die klein vissies agternasit is besig om op te bou. Vir die ouens wat groot menere agter die brekers met hommeltuie soek egter is die verwagting nou getemper met ‘n ou wet wat bepaal dat terwyl visvang as sulks nie onwettig is nie, die gebruik van hommeltuie om die aas daar ver agter die branders te gaan neersit wel is, of so is dit nou na ‘n hofgeding wat aanhangig gemaak is na die gewraakte kennisgewing van die departement bosbou, visserye en die omgewing, wat in Februarie gepubliseer is, wat hommeltuighengel verban en hengelaars wat dit wel toepas waarsku dat hul hommeltuie gekonfiskeer sal word en dat hulle ‘n dagvaarding in die gesig staar.