MY TURN | MY BEURT: Stywe Lyne Tight Lines August 2022

OKEI, HIER KOM DIE SOMER, MAAR ONTHOU WINTER-AVONTURE OOK
WORDS: Eugene C. Kruger, Editor-in-Chief
Lekker man, lekker! So groet hengelmaat Martin ‘n voor-sonsopkomsgesig vanuit sy vier-by-vier-trek terwyl ek en hy ‘n bergmiddelmannetjie volg wat as ‘n pad moet dien tot waar ons ‘n pragtige dam sal kry. Of so is ons die vorige aand by ‘n kuierplek in die dorp vertel. En tipies van ywerige hengelaars glo ons dit, en so is ons hierdie oggend nog in die donker klaar bakkie gelaai en op die pad, met al wat ons aanspoor die gedagte van ‘n geleentheid om ‘n dam te trotseer wat volgens ons informant “nog bittermin mense sien” en wat “enorme visse” in het!
Dit ter inleiding en verwelkoming tot ons Augustus digitale uitgawe wat die nuwe somerseisoen se visvang-avonture moet inlei. “Maar dis dan té vroeg, dis nou eers Augustus en nie eers lente nie!” hoor ek iemand sug.
Ja, dis waar, maar nes ons gelowigheid om ‘n onbekende bergpad te volg na ‘n dam wat net in ons gedagtes bestaan, is hierdie maand ook ‘n aanloop tot toekomstige hengellekkerte wat ons op die oomblik net glo gaan gebeur.
Hoop is mos deel van enige hengelaar se mondering; as dit nie so is nie, kan al wat ‘n hengelwinkel is maar sy deure sluit! Hoe sê die slim filosowe: “As jy dit kan droom kan jy dit doen!” Droomvisse bestaan wel, ons hoop net dat ons ons eie droomvis eendag raakloop, of dan liewer, raak haak!
Met die redigering van hierdie uitgawe was dit wel half moeilik om die winterkloue af te skud, dus is daar nog kopie en foto’s wat die dun, koue Hoëveld se lug weerspieël, met hengelaars gebaadjie, gestewel en geserp, met rooi oë, neuse en ore.
So terwyl ons wag vir die somerlekkerte om te begin, geniet die stories van vangste wat net ‘n paar weke terug ook hul plesier verskaf het, soos Werner Lubbe en Schalk van Breda se soeke na groot karpe by Klipdriftdam. Erkende karphengeltaktiek is vir dié doel ingespan, maar van ‘n boot af! Nóg groot karpe is deur Neville en Karien Barnard by ‘n dam wat hulle liewer nie bekend wil maak nie aangekeer; maar nie sommer-so nie, dit het twee sessies in die koue geverg om hul doelwitte te behaal.
Ook in die winter is die eerste episode van Reeks 21 van die Hier Gaan Ons Alweer-televisieprogram vervaardig tydens ‘n eetvis-soektog in die blouwaters van die Tuinroete. Die reeks maak sy buiging op KykNet kanaal 144 om 18:00 op Saterdag, 1 Oktober, so hierdie is ‘n vroeë aankondiging om dit in die dagboek aan te teken. Intussen geniet die vertelling van die span se hengelpogings.
More winter saltwater adventure took place at the annual Guinjata gamefish comp where, as if from nowhere, a boat and crew with the most unlikely name of Blindside took the honours. Makes for interesting reading, don’t miss it.
And as it rises to the surface every year around this time, the subject of bed fishing for bass as the spawn starts always leads to some debate – some regard it as unsportsmanlike, others reckon a quick release is all that is needed to ensure the fish’s survival. So, in this issue the subject is aired again with perspectives provided by bass biologists and bass pros.
Part of the realities we anglers have to live with, is that because we do not regard the fish we catch as a major source of our daily food, but for recreation and sport, we are regarded as being beyond the pale and uncaring about our fellowman. So angling, as opposed to full-scale commercial fishing, is targeted by populist politicians, assorted do-gooders and scientists as being contrary to the best interests of social well-being, with ‘the poor’ the most touted community in need of food help (free, of course). This gives rise to all sorts of hand-wringing criticism, research and academic bun fights to promote the interests of what are termed small-scale fishers who have emerged as the newrecipients deserving of state and other help. So take note: the 4th World Small-Scale Fisheries Congress is taking place online and in Cape Town on 21-23 November. Be prepared for a fresh round of anti-recreational fishing verbiage. So while it’s quite okay to dream dreams of memorable fish and outings, it’s not okay to simply ignore life’s realities.
En ja, ek en Martin het toe by die dam aan die einde van die bergpaadjie gekom, en ja, ons het ook daardie dag lekker onder die visse gebaljaar!
Meanwhile enjoy this transition period from winter to summer. Die vis is steeds daar, in die water! Geniet elke minuut van elke uitstappie, en soos altyd, Take care!

*Iets oor hengel op die hart? / Something about angling on your mind
Epos/Email: editor@stywelyne.net