MY TURN | MY BEURT: Stywe Lyne Tight Lines August 2024
WORDS/WOORDE: Eugene C. Kruger, Editor-in-Chief
En nou is hommeltuighengel in Suid-Afrika verban. Hierdie is ‘n tragiese stand van sake, nie net vir al die hommeltuighengelaars wat groot roofvisse agter die golwe geteiken het nie (en daarmee saam inkomstes vir die oorde wat sulke hengelaars gebruik het asook werksgeleenthede vir talle plaaslike gillies), maar ook op finansiële en ekonomiese vlak vir al die verskaffers van hommeltuie asook vir hengelwinkels wat hommeltuig-spesifieke hengelgerei verskaf het. Bygesê dat dit net nog ‘n geval van inperking van persoonlike vryhede is.
Kortliks die agtergrond tot hierdie tragiese storie van, in my opinie, onnodige inmenging van die owerheid en tekortkominge van verouderde wetgewing:
In Februarie 2022 ontvang die departement bosbou, vissery en die omgewing klagtes van rots en strandhengelaars in KwaZulu-Natal, (tot nou toe nie aan my bekend nie), oor die vangste van hommeltuig-hengelaars. ‘n Kennisgewing is toe deur ‘n direkteur in die departement, Me Sue Middleton, uitgereik wat hommeltuighengel verban.
Die kennisgewing is in die hof teengestaan maar is deur ‘n hoërhof bekragtig. Hommeltuighengel entoesiaste en sakebelange het toe toestemming gekry om die saak op appel te neem, wat eers in Mei vanjaar in die Appelhof aangehoor is. Eers verlede maand, op 16 Julie, is die uitspraak bekend gemaak.
Die hele, treurige saak kan op die Facebookblad FairFishing South South Africa van Jacques Venter gevolg word.
THE APPEAL
The jurors who had to adjudge the appeal were led by the Marine Living Resources Act 18 of 1988, when drones were largely unknown, let alone in recreational fishing.
To quote from the published judgement: Summary: Environmental law – Marine Living Resources Act 18 of 1998 (the Marine Act) – whether the use of remote-controlled motorised equipment for purposes of recreational angling is authorised by the Marine Act and its regulations.
ORDER
On appeal from: Gauteng Division of the High Court, Pretoria (Maumela J sitting as court of first instance): The appeal is dismissed with costs.
As far as I, as a non-juror, can make out, the court’s decision was based on the premise that once you have obtained an angling permit, you are permitted to use only fishing methods as described in that permit, namely “fishing by manually operating a rod, reel and line or one or more separate lines to which no more than ten hooks are attached per line. To use any other method other than the authorised one would be unlawful”.
Wow, if that is not pronouncing on the most acute meaning and letter of the law, what is? And how far can it be stretched? I mean, using one’s vehicle to get to the beach is “motorised assistance” is it not? Just goes to show how ridiculous it is to apply the law to its letter with no regard to its application in today’s real world!
Reminds me of the time when the biodiversity laws were published without noting any exclusions, so according to the letter of the law all farmers, butchers and greengrocers and so on were operating illegally, because their cattle, sheep, pigs and vegetables are not indigenous!
Of vital importance for freshwater anglers, is the fact that these regulations pertain only to saltwater fishing, and NOT in freshwater. Thank goodness! To read the full judgement, click on the link below.
UNINTENTED CONSEQUENCE …?
In addition, the Act (outdated in my opinion) also prevents the winner of the ‘Overall Best of Show’ award at this year’s ICAST, Penn’s ‘Fathom’ electric reel, being used by social saltwater anglers, both off the beaches and from boats, because it makes use of ‘motorised assistance’.
Anglers in our formal sport angling disciplines such as the surf, deepsea and light tackle boat facets are not affected by the ban as their rules in any event do not allow motorised assisted reels. Neither does the International Game Fish Association (IGFA), although it does allow the use of external accessories. (see the explanation on For Anglers, 1 March 2021.
Ons nuwe minister van bosbou, visserye en die omgewing, dr Dion George, word in Maroela Media aangehaal. Hy het te vertel dat hierdie manier van hengel “sedert 2005 onwettig is”. Hoe sê? Ontspanningshengelaars en die publiek is volgens hom vroeër al gewaarsku dat stappe teen hulle gedoen kan word sou vis gevang word terwyl hulle die toerusting gebruik. Die minister sê voorts dat “die departement bly verbind tot die bewaring en volhoubare bestuur van Suid-Afrika se mariene hulpbronne.” En verder: ”Ons glo dat die verbod op hommeltuie en afstandbeheerde toestelle in mariene omgewings deurslaggewend is om die delikate balans van ons oseane te bewaar en ons kwesbare spesies te beskerm.”
Vir my egter is dit net ‘n voorbeeld van die gebruik van outydse wetgewing wat nie moderne neigings en gebruike verstaan nie om die belange van ‘n venynige, jaloerse minderheid bo die belange van hengelaars te bevorder, en weereens onder die dekmantel van “dinge doen vir ons beswil”, soos blyk uit hierdie opmerking van die minister aan Netwerk 24: “Hierdie uitspraak is ‘n beduidende oorwinning vir die beskerming van ons mariene ekosisteme en die handhawing van regulasies wat ontwerp is om ons natuurlike hulpbronne te beskerm.”
Eh, ‘skuus, hoe sê?
Wel, as hy “ons natuurlike hulpbronne wil beskerm”, waarom nie kommersiële visvang en alle jag van wild ook verbied, en sommer ook die verwydering van ons inheemse veld om uitheemse bome en gewasse te plant ook te verbied … Belaglik, né?
En, kan gerus gevra word, aan almal daar by die departement visserye, wat word gedoen aan al die vistreilers van oorsese oorsprong wat ons waters plunder?
FAREWELL HYMIE STEYN, AND THANK YOU.
At the recent AGM of the SA Sport Angling and Casting Confederation (SASACC) formal saltwater angling said goodbye to Hymie Steyn, who for the last decades was the Saltwater Conservation Officer of SASACC. Before this Hymie was a knowledgeable angler and senior administrator in the formal angling sport sector since the previous century, from the days of the SA Skiboat Angling Association in the SA Angling Union until the formation of the SA Deep Sea Angling Association in the SASACC regime. He also rose to become Vice President of the International Sport Fishing Confederation (CIPS), the governing entity in charge of all formal world angling championships, a lofty position indeed! Hymie Steyn was instrumental in helping South African angling interests gain recognition and gravitas on the international competition stage. I wish him well in his retirement!
Nuwe Besems vir Visserye, die Omgewing en Water
Ek weet, ek weet. . . al wat ons hengelaars eintlik in die algemeen in belangstel is hoe lyk die weer die komende naweek en waar byt die vis. . .
Om bietjie meer spesifiek te wees, vir strandhengelaars is die seisoen, die getye en windrigtings van aktuele belang; vir varswaterhengelaars is die spesifieke seisoen van mindere belang (die visspesies is mos die hele jaar ‘daar’), en van meer belang is minimum en maksimum lug en water temperature, die lugdruk en tragies genoeg, waar die bosse indringer plante is. Okei, voeg by aasvoorkeure …
Daar is egter twee ander entiteite wat op die agtergrond beweeg wat ‘n wesenlike invloed op ons hengel uitoefen waarop ons nie eintlik enige invloed kan uitoefen nie, en wat nie die intense belangstelling uitlok soos al die voriges nie, naamlik die politici wat met ons waterbronne en ons visse bemoeid is.
Dié twee is die minister van visserye en die omgewing, en die minister van water en sanitasie. Vir hengelaars is hulle eintlik ewe belangrik: daar moet genoegsame spesies en aantal visse wees wat gehengel kan word, en logies gesproke benodig die visse ’n gesonde habitat, naamlik skoon water.
Wat eersgenoemde betref, ek sien dat hy, dis nou die nuwe minister, dr Dion George, reken ‘n sleutel fokus area vir hom is die land se oorgang na ‘n lae-koolstof ekonomie.
Dit ten spyte dat die aarde reeds ‘n lae hoeveelheid koolstof het (lees gerus hieroor -, as jy nie tyd daarvoor het nie, gaan na die 11de minuut en verder) en dat sogenaamde groen energie (son en wind) glad nie in die land se vraag na konstante en bekostigbare elektrisiteit kan voorsien nie.
En hy kan gerus weer kyk na die status van karp, swartbaars en forel, drie spesies wat saam enorme sosio-ekonomiese posisies in ons hengel landskap inhou. En ook die posisies wat rekreasievissers (dis nou hengelaars) en die kleinskaal vissers in die ‘oceans economy’ speel. Hy kan ook aan die nuwe minister van water en sanitasie vra wanneer gaan die bouwerk om Clanwilliamdam se wal te verhoog klaar kom; en dan sommer ook sy stem dik maak oor al die uitheemse en indringer plante in ons riviere en damme wat die water ekosisteme bedreig.
Dis net enkele sake onder vele ander wat sy onmiddellike aandag nodig het, vir ons hengelgemeenskap meer belangrik as ‘n soeke na ‘n lae-koolstof ekonomie wat niks anders is nie as net woorde vir ‘n linkse gehoor.
GYS PITZER WINTER CLASSIC
In hierdie uitgawe is beriggewing ryklik met foto’s en video’s aangebied van die Gys Pitzer Winter Classic kompetisie wat verlede maand by Vaaldam aangebied was. Dit was weer, nes verlede jaar, ‘n uitmuntende sukses, maar min besef watse beplanning en werk afgehandel moet word om so ‘n groot gebeurtenis suksesvol aan te bied. Tot die kleinste detail moet een honderd persent in plek wees, en veral met die inweeg moet sake vlot verloop. Elke deelnemer moet sien en tevrede wees dat hy of sy inskrywing en sy visse wat gevang is absoluut korrek gemeet en ingevul word.
Voor die tyd van rekenaars is al hierdie admin met pen en papier afgehandel. Met een van Loskop se ‘groot vier’ kompetisies in die negentigjare, het ek as hoofbeampte drie inweegkampies opgeslaan, een vir die mans-afdeling, een vir die dames en een vir al die juniors, almal deur vrywilligers beman. Ek was by die mans se kampie en skaars ‘n minuut voor die inweegkampies oopmaak kom vra ‘n persoon by die juniors se kampie, of ek nie ‘n ekstra pen by my het nie, want hulle het die inweegpapiere maar nie ‘n pen nie…En net daar is al die vooraf beplanning en reëlings en ure se werk amper verniet! Gelukkig kon ek by die kafee nog ‘n pen aanskaf en kon die inweeg voortgaan. Dink net, die hele junior-afdeling in die kompetisie het op ‘n detail soos die beskikbaarheid van ‘n pen afgehang!
Geniet hierdie uitgawe, dit is soos gewoonlik met hengel-liefde opgestel, en geniet Augustusmaand se hengel – dis nóg winter nóg somer!
Enigiets oor hengel op die hart? Something about angling on your mind?
Epos / Email: editor@stywelyne.net