MY TURN | MY BEURT: Stywe Lyne Tight Lines February 2023

Spanning tussen ‘ons’ en ‘hulle’ bly ‘n kwessie

WORDS/WOORDE: Eugene C. Kruger, Editor-in-Chief

So saam met Februarie wat ons alles bied van ‘n ‘tipiese’ somermaand hier aan die suide spits van Afrika, hiermee ‘n warm ‘welkom!’ aan hierdie aflewering van die digitale tydskrif wat nes hierdie maand ook vol hengelverwante gebeure (en drama!) bied.

Meer as een leser het met hul kusvakansie ‘n luilekker stappie op die strand onderneem net om ‘n spul treknetvissers raak te loop wat met hulle dagtaak besig is en die hope vis in die net sien. Dis veral in die Kaap waar hierdie manier van visvang al jare bestaan, en vir mense wat nie die bedryf ken of verstaan nie, is die gesig van ‘n net vol spartelende visse op die strand iets ysliks. Meer as een geval van fisiese konfrontasie het al plaasgevind – ekself het dit al ervaar en dis nie maklik om die twee antagoniste uitmekaar te hou nie!

Maar solank hierdie vissers die perke van hul permit nakom is hul vangste heeltemal wettig, so as ‘n leser sulke ouens raakloop, los hulle uit (jy is wel welkom om van die visse te koop!).

Maar, soos dit deesdae in ons ou landjie gebeur, is daar mos altyd mense wat buite die wette hul bedrywighede voortsit, en dan ook soms met die hulp van korrupte amptenare. Soos bootvissers wat vragte wettige spesies aanry wat kamtig met ‘n treknetpermit gevang is, terwyl daar waar hulle die visse sou gevang het die afgronde so styl is dat g’n mens ooit daar ‘n net sal kan inneem nie, wat nog uitsleep …!

Well, with fish being a finite resource, it was to be expected that the various users of the resource would each become ever more aggressive in protecting its access to the resource, namely two major ones, the commercial trek netters and the recreational beach and boat anglers.



An aggravating factor is the seemingly incompetence of the resource manager, namely government departments, to determine how much of the resource each sector can safely use, and then how to ensure that each sector complies with their catch limits.

A paper compiled by SACRAA (South African Consolidated Recreational Angling Association) several years ago provided a reasoned, practical approach, and based on its findings concluded that there were three underlying causes of the conflict between the beach-seine commercial fishing sector and the recreational sector, which includes non-fishing members of the public.

Firstly that ‘netters catch excessive amounts of what are considered by recreational fishermen to be angling species’, secondly that ‘netters frequently operate with a total disregard for the regulations and their permit conditions’, and thirdly that ‘nets full of fish must be causing irreparable damage to what we know is a finite resource’.

It’s discouraging to observe that after several years these causes of discontent are still as pertinent and abrasive as they were then. Fortunately, however, it is certainly also encouraging to note that saltwater angling is as lively as ever, with both shore and offshore-based activities still highly prized activities. That DAFF is still trying to sort out the mess it has made of its allocations of fishing rights for small-scale fishers and that it still wants drone angling banned, has made no dent at all in the activities and scope of recreational fishing in salt water. Something to be happy about!



Op ‘n heel ander noot: terwyl ek altyd huiwerig is om uitslae van navorsing net so op Suid-Afrika ook van toepassing te maak, is daar onlangs deur navorsers vasgestel dat die aantal vroue wat aan ontspanningsvisvang deelneem steeds aan die groei is, met vele voordele vir die algehele hengelbedryf. Daar is geen sulke navorsing plaaslik aan die gang nie, maar kyk mens na die hoeveelheid penne by die verskeie vrouehengelkompetisies in al die verskillende ouderdomsgroepe, asook die deelname aan ope kompetisies, is dié verskynsel beslis ook hier van toepassing. Behalwe die verwagte positiewe invloed op verkope van hengelgerei en verwante toerusting, is ‘n onverwagse voordeel ook waargeneem, naamlik dat as die vrou of dogter in die huis met hengel begin is dit nie lank nie of die man en seun is ook betrokke!  

In hierdie verband, my persoonlike dank en waardering aan almal – nie net die vrouens nie – wat hulle vangstes met lesers deel. Dit gaan oor baie meer as net persoonlike trots in die vangs; baie keer gee dit ook aan ander weer moed na ‘n harde dag waar min of geen vis gevang is nie, en ook belangrike wysers vir hengelplekke en aaskeuses. So dankie aan julle almal – en onthou, ons het altyd spasie daarvoor!


Intussen geniet die hengel in hierdie hoogsomermaand, en soos altyd, Take Care.

Editor-In-Chief, Eugene C. Kruger

* Iets oor hengel op die hart? / Something on your mind about angling?

editor@stywelyne.net


5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x