MY TURN | MY BEURT: Van Elf, Elektriese Katrol en Spesiekarp …
WORDS/WOORDE: Eugene C. Kruger, Editor-in-Chief
Soos die somer al hoe meer sy teenwoordigheid laat geld met al hoe langer wordende dae, korter nagte en plek-plek milde reën, is dit belangrik vir kushengelaars om te let dat die elf (shad) seisoen op die 10de hierdie maand sluit. Moenie met ‘n breë glimlag jou nuutgevangde elf vir die gesin (of vriend) wys nie, want jy’t die wet oortree, en verder, volgens wet mag jy nie eers ‘n elf in jou besit hê nie! Bygesê is dit geen verskoning nie dat as jy met een betrap word dat die vis ‘n “present” van iemand anders is!
Wag eers tot die geslote seisoen op 30 November tot ‘n einde kom; daarna kan jy maar met ‘n geruste hart vir elf hengel, maar (sorrie!) hou in gedagte dat die sakbeperking net 4 vis per persoon van ten minste 30cm per dag is.
En dan moet ek byvoeg dat in KwaZulu-Natal mag elf nie verkoop word nie, maar in die Kaap is dit wel wettig.
Toe hierdie sak- en groottebeperkings in die 1970’s ingestel is, was die kwynende populasies van elf as die rede daarvoor deur verskillende viswetenskaplikes voorgehou. Destyds is hierdie wette met enorme teenkanting van veral kusbewoners begroet, maar die wetenskaplikes het vasgebyt en veral op die KwaZulu-Natal kus is die wette streng toegepas.
In die daaropvolgende jare na hierdie regulasies ingestel is, het (wettige) vangste van elf wel met rasse skrede voortgegaan en die wetenskaplikes het heel selfvoldaan te kenne gegee dat dit deur hul toedoen is. Ander het gereken dis omdat daar soveel geslote marieneareas geproklameer is waar elf ongestoord kon aanteel; nog ander het gereken dis maar net die natuurlike omgang van die Natuur wat in elke geval vispopulasies beheer. Wie weet regtig?
En dié wat hulle in elke geval nie aan enige regulasies steur nie, is steeds besig met allerhande truuks om meer as hul wettige sak elke dag uit te haal … Allerhande truuks? Ek weet van ‘n klompie, maar los dit liewer vir lesers se verbeelding, nie dat ‘n Stywe Lyne leser dit ooit sou pleeg nie!
‘Best Of Show’ Electrical Reel.
The development and influence of super sophisticated technology in fishing gear continues unabated. At this year’s ICAST, for example, an electric reel not only won in the ‘Best Saltwater Reel’ category but was also adjudged as ‘Best of Show’ over all the other categories. It is Penn’s ‘Fathom’ electric reel which is powered either by its own battery or plugged into a power source. The ‘Fathom’ is designed for kite fishing for what the Americans term ‘deep-dropping’, namely it can fish at depths of anything down to 1000 ft. with 8 to 10 lb. line, and depending on the fish that are caught has a battery life of many hours.
While it did catch the awed attention and applause of the angling media at ICAST, it did also elicit some mutters about “too much machine help” and “not sporting at all”, to which Penn countered that the reel is designed to aid anglers who have a physical disability and also for older folk who would otherwise not be able to fish.
In my opinion both arguments are valid, but here in South Africa I very much doubt that it will meet the dictates of the law mandating that recreational fishing tackle for saltwater must be totally manually operated. Hmmm …
SPESIEKARP VANG-EN-VRYLAAT
Die enorme karp van 33,2 kg wat Brits boer Neil Coetzee geland het (soos berig in verlede maand se uitgawe en ook op ForAnglers se LIVE program gebeeldsaai LINK?) het weereens die beeld van spesiekarphengel blink gepoets, en daarmee saam ook die tonge los oor die moontlikheid van ‘n algehele wêreldrekord in ‘n plaaslike water.
Die moontlikheid van so ‘n wêreldrekord sit al lank in die koppe van plaaslike spesiekarphengelaars, van so ver terug as die sestigponder-plus wat twee dekades en meer terug geland is.
Dit is nie bekend waar Neil sy enorme karp gevang het nie (uit respek is hy nie eers daarna uitgevra nie) maar Suid-Afrika het beslis genoeg damme wat deesdae karpe in daardie klas huisves. Dis nie nodig om sulke damme te lys nie, die spesiehengelaars weet van hulle. Van hulle is openbare staatsdamme, ander is onder beheer van geslote sindikate en dan is al die plaasdamme ook nog daar.
Wat die groot, staatsdamme betref, is die grootste probleem om werklike groot karpe daarin aan te keer seker die grootte daarvan; dis net té moeilik vir ‘n hengelaar op sy eie om elke moontlike plek waar ‘n monsterkarp mag wees te teiken. En tog, as ek die vangstes van groot karpe wat wel gevang is so kyk, dan is die vangstes wel van internasionale status.
Karpe van meer as tien kilogram en nog groter is nie so buitengewoon as wat dit jare terug was nie. Ek skryf dit toe aan die feit dat visbestuur ‘n bietjie meer wetenskaplik toegepas word, en dat die ag-so-gewilde (maar verkeerde!) mode van vang-en vrylaat nie meer as ‘n gegewe toegepas word nie.
Hengeloord eienaars wat algehele vang-en-vrylaat as ‘n streng beleid op hul gaste toepas maak eintlik ‘n groot fout – dis beslis nie voordelig nie!
Sindikate asook sekere hengel-oorde wat jare terug ‘n visbestuursbeleid ingestel wat oorbevolking gekeer het pluk nou die vrugte daarvan met vangstes ver bo dié van jare terug. So ‘n bestuursbeleid behels dat alle karpe van eers 2 kg, dan 4 kg, dan 5 kg, en tot 8 kg ge-oes word. Karpe groter as dit word ook baie versigtig gehanteer en teruggeplaas. Hou in gedagte dat ‘n wyfiekarp nagenoeg 50 000 eiers per kilogram produseer, so terwyl oorbevolking gekeer word, is daar genoeg kleintjies om die populasie in stand te hou.
Ek onthou baie goed dat toe kommersiële visvang by Bloemhofdam toegelaat is, moes met ligtegereiboot-ligas by die 100 kg sakke na die dag se hengel ingeweeg word om darem op die bord te kom. ‘n Sak van 150 kg was nie ongehoord nie. Die rede was dat die kommersiële ontginning die getal karpe beheer het, en so gesorg het dat meer as genoeg lewensruimte, kos en suurstef vir die visse beskikbaar was. Die teorie is eintlik heel logies – ‘n dam is maar net soos ‘n omheinde wildskamp wat bestuur moet word.
Wie weet, miskien maak ‘n nuwe wêreldrekord karp binnekort sy verskyning – saam met baie ander sien ek uit daarna! En wees verseker – ons sal die foto publiseer maar NIE die dam waar dit gevang is nie!
Geniet Oktobermaand se hengel, en soos altyd, Take Care!
*Something about angling on your mind? Email: editor@stywelyne.net. You’re always welcome.
Enigiets oor hengel op die hart? Something about angling on your mind?
Epos / Email: editor@stywelyne.net
The latest digital edition of THE BANK ANGLER / DIE OEWERHENGELAAR is now available!