‘n Volledige Gids van die Varswatervisse van Suider-Afrika

HENGELBIBLIOTEEK

WOORDE & FOTO’S: Struik Nature-persvrystelling

Meer as 300 varswatervisspesies wat in die streek se riviere, mere en damme voorkom, verskyn in hierdie volledig hersiende derde uitgawe van ‘n Volledige Gids van die Varswatervisse van Suider-Afrika, deur professor Paul H Skelton.

Hierdie definitiewe gids is opgedateer en uitgebrei en bevat nuut beskryfde spesies, die jongste taksonomiese veranderinge, nuwe foto’s en illustrasies, asook opgedateerde verspreidingskaarte.

‘n In-diepte inleiding, ondersteun deur verduidelikende illustrasies en foto’s, dek die volgende: 

  • ‘n kort geskiedenis van viswetenskap in die streek;
  • ekostreke waarin spesies voorkom;
  • anatomie, biologie en ekologie van visse;
  • menslike impak op visse;
  • bewaringstatus; en
  • nuwe begrip van evolusionêre verwantskappe tussen verskillende visgroepe. 


Die boek bevat ook: 

  • bondige beskrywings van groot taksonomiese groepe visse, met verspreidingskaarte wêreldwyd;
  • gedetailleerde spesieverslae wat grootte, identifikasiekenmerke, verspreiding, biologie, ekologie, bewaring en gebruike deur mense dek; en
  • volkleurillustrasies en bygewerkte verspreidingskaarte vir elke spesie.

Emeritus professor, Paul H Skelton het sy hele professionele lewe lank op varswatervisse gefokus. Hy het sy loopbaan by die Albany Museum in Makhanda (Grahamstad) begin as kurator van laer gewerwelde diere. In 1984 het hy by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Akwatiese Biodiversiteit (voorheen die JLB Smith Instituut vir Ichthyologie) aangesluit as kurator van varswatervisse. Hy is in 1995 as direkteur van die instituut aangestel, ‘n pos wat hy tot sy aftrede in 2011 beklee het. Hy het verskeie toekennings ontvang vir sy bydrae tot die veld en het op die IUCN Freshwater Specialist Group gedien. 

ISBN: 9781775845317 | RRP: R470,00 | ePub ISBN: 9781775845324

*Dit is nou by alle uitsoek boekwinkels en aanlyn beskikbaar, asook op Struik Nature se webwerf. www.struiknature.co.za. Direkte skakel na boek: https://bit.ly/3Yw1xST.



The latest digital edition of STYWE LYNE/TIGHT LINES is now available!

5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x