
N. NASIONALE TOERNOOINUUS: VRYSTAAT WEN GOUD
Die Jonge Dames-afdeling is een van daardie unieke afdelings in kompeterendehengel. Hierdie hengelaars het begin by Penkoppe en/of Juniors en beweeg dan deur ‘n ongelooflike goeie ontwikkelingsfase waar net meisies deelneem. Dit verseker dat krag teen krag seëvier en hulle eie style mooi ontwikkel. Van hier af beweeg hulle gewoonlik deur na die Dames-afdeling en doen meestal baie goed.