fbpx
AdventureBank AnglerLatest NewsNewsTournament News

Streek 5 Dag 3, Nautedam

Fotos: Hengelaars en spanbestuurders

Die Derde Toetswedstryd neem ‘n wending as die vis moeilik raak en die Namibiese Juniors maak geskiedenis.

Die wind verander en die vis daarmee saam, soveel so dat die afgelope twee dae se planne alles daarmee heen is en al die afstande het verander. Skielik is die muddies diep, die karpe vlak en groot babers word sommer hier vlak teen die kant aangekeer.

Jeff Eekhout vang die grootste baber vir die toernooi op ‘n karpstrop en floaties, die tweede dag in ‘n ry. Dag twee se baber weeg net oor 16kg en dag drie se bielie weeg meer as 18kg. Hy is ook die Meesters kampioenhengelaar en weeg die swaarste sak van die hele toernooi – 114,32kg.


Die hoofnuus is natuurlik die oorwinning van die Namibiese Juniors oor die Proteas. Hulle wen beide die 2de en 3de toetse. Op ‘n vraag aan die spanbestuurder rakende die sukses het Panna van Staden sy juniors se verbeterde vorm, konsentrasie en kolhengel as suksesfaktore eerste gestel. Verder was dit vir hulle belangrik om seker te maak dat hulle ten alle tye meer vis as hulle teenstanders het, sou dit zonepunte gelykop wees, aangesien hoeveelheid vis dan die uitklophou dien. Groter vis en gewig het laer op die prioriteitslys verskyn. Hierdie benadering het verseker die verskil gemaak.

Die junior kampioenhengelaar, Rikus van Staden het hom uitstekend van sy taak gekwyt en ook die swaarste sak en meeste vis toekennings ingepalm. Rikus het gewys dat hy in vorm is en het ook tentyde van die wêreldkampioenskappe in Februarie as wenner uit die stryd getree. Rikus weeg ook die meeste vis vir die toernooi, nie net by die juniors nie maar algeheel, ‘n mooi sak van 74 vir 92,36kg oor die drie dae. Hy weeg ook die algehele swaarste kurper, ‘n bielie van 1,66kg.

Die Namibiese Juniors tree as wenners uit die stryd – die enigste Namibiese span wat dit hierdie jaar kon doen – werklik goeie nuus vir die toekoms van hengel in daardie droë land.
Die juniors se toppresteerders: Wikus van Staden (Kampioenhengelaar, Swaarste Sak, Meeste Vis, Swaarste Kurper), Ryno Annandale (2de Plek, Grootste Moddervis) Graham Isaacs (Swaarste Baber – 12,86kg) en Jaco Groenewald (3de Plek, Swaarste karp – 6,10kg)

Ryno Annandale was die top SA hengelaar, opvolgkampioenhengelaar en weeg ook die algeheel swaarste moddervis vir die toernooi, van 1,94kg. Ryno se volledige artikel oor hoe hy dit gedoen het verskyn eersdaags in Die Oewerhengelaar.

Hier hengel Ryno die muddiekol met absolute akkuraatheid.

Die SASACC juniorspan wen egter hulle afdeling oortuigend en die eerste drie individuele plekke behoort ook aan SA.

Die drie tophengelaars Andrew Liebenberg (2de), Lance Sherrin (1ste) en Christoff Greyling (2de). Lance word ook beloon vir die swaartse baber, meeste vis en swaarste sak.

Die dames SASACC span presteer ook goed in die Presidents-afdeling en wen al drie toetse met al drie topposisies wat aan SA behoort.

Ina Muir (Swaarste Muddie), Marita Momberg (2de, swaarste kurper), Wilma MacDonald (Swaarste Karp) en LizelJ van Vuuren (3de en swaarste baber)
Alicia Appelcryn tree as kampionhengelaar uit die stryd, asook die swaarste sak en meeste vis.

Die Protea- damesspan moes egter hard werk vir hulle oorwinning en het tydens twee toetse gelykop ge-eindig met punte en slegs op hoeveelheid vis gewen. Nietemin wys die telbord dat hulle aldrie toetse gewen het, maar die individuele kroon gaan aan Lilanie Meyer van Namibië. Sy weeg twee babers van meer as 11kg elk.

Die toppresteerders doen dit in styl – al die pryse in een pakkie. Mandy Breedt (2de, meeste vis, swaarste muddie), Lilanie Meyer (1ste, swaarste baber), Ella-Marie Prinsloo (3de, swaarste sak, swaarste kurper en karp).
Maryna Grobler, wat as reserwe diens gedoen het kry kans om die laaste dag te hengel en weeg die swaarste sak vir dag 3 – 28,93kg

Die laaste dag se hengel by die Senior-afdeling was maar taai en die vis was moeilik. Die Federasiespan wen ootuigend en stap ook weg met eerste drie plekke.

Morne Saayman (3de), Johan Pfeil (Kampioen en Swaarste Sak), Martin Delport (2de en meeste vis).
Swaarste Spesies: Charles de Klerk (Kurper), Andrei Drotskie (Muddie), Jaco Beynefeldt (Baber), Dirk Koekemoer (Karp).
Paul Siemens, wat ook die laaste dag eers sy hengelkans gekry het, weeg die swaarste sak vir die dag van 37,38kg.

Die Konfederasiespan wen ook oortuigend en vul ook die podium.

Bennie Bergman (3de), Ryno Erlank (2de en swaarste sak) en Zander Pohl (2de en meeste vis)
Die Spesiewenners: Wian Kohler (Kurper), Niel Brink (Muddie) en Mikhail Libitzke (Karp en Baber)

Die Senior Proteaspan doen ook goed om al die pryse in te palm, met uitsondering van een spesieprys.

SA se trots – Die Senior Proteaspan: Voor – Francois Spyer (Kampioen en swaarste sak), Johan Pienaar, Afrigter Johan Kruger. Agter: George Thomas, Christo Smith, Neil van Rensburg (Grootste Kurper), Michael Cufflin (2de en meeste vis), LC vd Westhuizen (3de en grootste karp), bestuurder Arrie Backhouse.
Die Senior Kampioenhengelaar van 2019 se Streek 5 Toernooi – Francois Spyer.

Die SA Meesters het twee toetse volpunte behaal en die laaste dag twee punte afgestaan, maar wen steeds oortuigend.

Chris Boylan (Swaarste muddie), James Reid (2de en swaarste kurper), Johan Booysen (3de en swaarste karp) en Jeff Eekhout (Kampioenhengelaar, meeste vis, meeste punte, swaarste baber)
Amanda Bothma, die enigste dame in die afdeling hengel haarself in die Drie-Nasie span in.
Die beamptes wat die toernooi moontlik gemaak het: Ina Kotze, Charmain Kotze, Marlene Coetzee, Marthie Mouton, Carolina Gildenhuys, Gert Mouton en DW Kotze

Related Articles

Close