Oewerhengel met ‘n “Back Lead”
'n Nuwe reeks deur Wessel Mienie, "back leads" kan tot voordeel wees vir hengelaars wat hiasinte wat aan die lyn vas klou wil vermy.
As jong hengelaar het ek my hengel vaardighede opgebou in damme en riviere. Deur egter meer toe te spits op kompeterende hengel is my latere ervaringe en tegnieke meer op damme gerig. Om in die Vaalrivier te kan hengel het vir my egter steeds ’n besonderse nostalgie – dié rivier hou vir my altyd ’n groter verrassing in. Dit is ook vir my of die vis ’n groter geveg opsit, waarskynlik omdat die visse teen strome moet swem om kos te kry. Dan is daar ook nog die moontlikheid van rekord-grootte karp, baber, moddervis, graskarp en die koning van die rivier, die Grootbek-geelvis.