Array
(
    [0] => thumbnail
    [1] => medium
    [2] => medium_large
    [3] => large
    [4] => 1536x1536
    [5] => 2048x2048
    [6] => jannah-image-small
    [7] => jannah-image-large
    [8] => jannah-image-post
    [9] => rwi-featured-thumb
    [10] => woocommerce_thumbnail
    [11] => woocommerce_single
    [12] => woocommerce_gallery_thumbnail
    [13] => shop_catalog
    [14] => shop_single
    [15] => shop_thumbnail
)
Bank AnglerFishing TipsLatest Gear

Okuma Pulzar

Nuut vanaf Sensational Angling Supplies en uit die Okuma-stal is die Okuma Pulzar PZB 5000 katrol. Hierdie katrol sal eersdaags op die rakke beskikbaar wees as ’n opgradering van die reeds fantastiese katrolle wat op die mark is. Met name soos die Ceymar, Longbow en Aventa moes die Pulzar sy man staan om sy plek tussen dié hardwerkende masjiene te verdien, so gesê en ook so gedaan.

Okuma het belowe om iets anders op die mark te sit en weereens het hulle dit reggekry om ’n uiters gladde, mooi en hardwerkende katrol in die vorm van die Pulzar na vore te bring. Ek gebruik die katrol nou al vir ’n geruime tyd en het maklik meer as 100 visse in verskillende omstandighede daarmee tot by die wal ingekatrol. Nou hoe toets mens ’n katrol, kan gevra word? Ek is baie puntenerig wanneer dit by produkoorsigte kom, vir my moet die produk die toets van tyd staan, want dit gaan vir my bewys of die produk gemaak is om te hou of nie, en ek kan met vrymoedigheid sê dat die Pulzar nou al 3 maande lank aanhou werk soos op dag 1 – hou in gedagte dat weens my werk ek minstens 2 keer per week by die viswaters uitkom. Klink lekker ne’?

Wat ek die meeste van die katrol hou en waarmee ek vinnig aanpassing kon vind was dat die baitfeeder sisteem andersom werk as die ander Okuma katrolle wat ek tot dusver getoets en oor geskryf het. Jare gelede het meeste van ons met dieselfde tipe duursame katrolle gehengel wat gebruik gemaak het van die “baitrunner” sisteem en daarby het dit tweede natuur geraak oor hoe dié spesifieke sisteem gefunksioneer het. Met die Pulzar sal jy dit presies dieselfde vind – die baitfeeder sisteem van dié katrol werk so dat jy die knop na vore druk om dit te aktiveer, en sodra jy begin katrol slaan die knop automaties terug na agter wat dan jou voorste remsisteem aktiveer.

Terloops, dié sisteem spog met ’n funksie wat met ’n halwe draai die katrol se spoel van los na vas kan stel. Klink bekend? Wel, nou is die Pulzar dalk net jou nuwe beste vriend, want net soos al die wonderlike kenmerke van die katrol, só is die prysklas ook heel billik en ek glo baie hengelaars sal verbaas wees oor wat jy kry vir jou hardverdiende geld.

Indrukwekkende kenmerke sluit in CFR of “Cyclonic Flow Rotor” wat sikloniese lug rondom die as van die katrol laat waai wanneer jy katrol, wat help om enige vog op te droog en verhoed op die manier dat roes vorm – ek moet byvoeg dat ek glad nie sag is op gerei nie en dat die Pulzar wat ek getoets het menigde maal onder die water beland het, en tot op hede is daar geen teken van vog en/of roes nie.

Nog ’n kenmerk wat my aandag trek is die “Corrosion resistant graphite body”. Vir diè wat my oorsig oor die Aventa en Aventa Pro in die Desember uitgawe #170 gelees het, sal onthou dat ek gesê het dat die Aventa effens swaar is vir ’n 5000- grootte katrol. Nou – ja, hier het Okuma so pas ons drome vervul en ’n liggewig, kenmerkbelaaide pragstuk uitgebring waarmee hengelaars sommer vinnig aanpassing sal vind. Die katrol bevat nog vele meer kenmerke, te veel om hier te noem, so ek nooi jou uit, gaan na jou naaste hengelwinkel en gaan kyk gerus na die nuwe Okuma Pulzar om self te besluit, ek sal jou nie ’n bloutjie laat loop nie, sal ek?

Related Articles

Back to top button
Close

Support us by turning off your Adblocker.

Advertising funds all the free content we are able to share. Consider turning your adblocker off to enjoy all the great FREE tips, advice and videos we have to offer.