
Ons lesers spog! • Our readers brag!
MARCH | MAART 2024
LESERS VANG VIS!
Hierdie is ons lesers se eie blad waarop hul vangste spog-erkenning kry. Epos die foto met besonderhede van die vangs aan die adres hieronder. Volgens wet moet die ouer of voog toestemming verleen om foto’s van minderjariges te publiseer. By inskrywing voeg by: “Ek verleen toestemming tot publikasie”. – Red.
READERS CATCH FISH!
This page recognises the catches made by readers – bragging rights are guaranteed! Email photos to the address below. By law parents or guardians must give permission to publish images of minors. The following permission must be added to your entry: “I give permission to publish”. – Ed.
Stuur jou foto/’s en besonderhede van die vangs na / Send your photo/s and details of the catch to lesers@foranglers.co.za
Johan Welgemoed
Kurper op wurms gevang by Loskopdam.

Dorain du Preez (Fishing with dreads)
Got picked up around 2am in the morning with long powerful runs, picked up the rod and struck. He pulled the rod flat down. Immediately I knew I was onto a big fish. The battle lasted around 23 minutes, finally I got him to the side and realised he isn’t going to fit in the landing net, and I beached him best I could and then pounced on him making sure I have a firm grip of his mouth bringing him out onto the shore.
- Species: Barbel
- Weight: 17,16kg
- Venue: Voëlvleidam
- Bait: Small carp (15cm)
- Fight duration: 23 min
- Fish was safely released after weighing.




Pieter Venter
Ek het hierdie karp gevang by Klerksdorpdam met Super Cast se Fire & Ice-sous en ‘n garlic mielie op ‘n 12vt-stok.
Leam Sung is die WENNER van die FISH produkgeskenkpak!

Leam Sung
Geagte Oewerhengelaar-span. Op die plaas waar ek woon is ‘n redelike groot dam en ek het al keer na keer groot karpe sien spring daar. Niemand het al daar gaan vang nie, behalwe hier en daar ‘n paar, maar met geen sukses. Ek besluit so paar maande terug om hulle te vang, maar ek vang net babers. Die gebeur toe oor en oor in die afgelope paar naweke. Ek sien toe dat die For Anglers YouTube-blad wys hoe om met method feeders te vang en ek gaan doen toe bietjie meer ondersoek. Na baie ure se oplees en navorsing koop ek toe ‘n stel.



‘n Ander video wys toe hoe Werner Lubbe en die FISH-span groot sukses behaal met Zeros. Hierdie was alles nuwe konsepte vir my en ek gaan toe die naweek en probeer die nuwe goed uit. Was dit toe nie ‘n skok nie! Ek vang toe drie babers en vier mooi karpe. Interessante feit – die dam was baie lank terug deel van die Rietvlei-sisteem voor dit ‘n dam was.




Leon Hayes
Hi julle, my naam is Leon Hayes. Ek bestuur deeltyds na werk ‘n viswinkel in my buitekamer as my stokperdjie en in die Desember-vakansie het ek die hoërskoolmanne bietjie bederf met ‘n baars-uitstappie op ‘n privaat plaasdam! (Alle vis was weer vrygelaat).
Maryna & Manie Nieuwoudt

Tydens ons vakansie by Kommandodrift, Bothaville. Dit was die 1ste keer wat ek ‘n barber gevang het. Toe vang ek sommer drie!






