Ons lesers spog! • Our readers brag!
APRIL 2024
LESERS VANG VIS!
Hierdie is ons lesers se eie blad waarop hul vangste spog-erkenning kry. Epos die foto met besonderhede van die vangs aan die adres hieronder. Volgens wet moet die ouer of voog toestemming verleen om foto’s van minderjariges te publiseer. By inskrywing voeg by: “Ek verleen toestemming tot publikasie”. – Red.
READERS CATCH FISH!
This page recognises the catches made by readers – bragging rights are guaranteed! Email photos to the address below. By law parents or guardians must give permission to publish images of minors. The following permission must be added to your entry: “I give permission to publish”. – Ed.
Stuur jou foto/’s en besonderhede van die vangs na / Send your photo/s and details of the catch to lesers@foranglers.co.za
Francois Fouché
Ek het onlangs die 5,24kg karp by Doringkloof-natuurreservaat (deel van die Vanderkloofdam) in die Noord-Kaap gevang. ‘n Baie kort, vetpens-karpie – mini-spesie meneer. Peanut floats met vrugtegeur op die bal het hom geflous.
Cornel Cornelissen
I caught these two carp at the Sitrusoewer River Camp during our last stay. My son, Callen (8 years old) fished with me and also caught a nice carp (see Callen’s catches here).
Paul de Jager
Ons hengel ons klubkompetisie by Vaaldam-oewer – by Miemiesdal, regs van die wit huisie. Daar gekom die Saterdagoggend om 5:00, begin ek dadelik kyk waar draai die vis. Ek besluit toe om op 80m en 115m te hengel. Dit was eers moeilik, maar toe begin my 115m-kol vis te gee so teen 11:00. Ek het ‘n paar visse gevang op my 80m, maar nie ‘n byttempo gehad nie. Die visse het baie random gebyt. Ek kry toe 17 vis van 24,77kg wat my ‘n 1ste plek gee vir die Seniors.
My aas was as volg:
- Harde geel Juana-float met SWD agter dit.
- Op die bal – Hot Gates en Dragon Fire
Baie dankie vir ‘n puik produk, jy kry nie beter nie.
Gerhard van der Merwe is die WENNER van Die Oewerhengelaar-hemp!
Gerhard van der Merwe
Goeiedag, mensies. Die foto was geneem tydens ‘n Kavalier-klub dagkompetisie by Poortie. Lekker dag vir julle en dankie vir oom Werner se goed wat ons so lekker kan kyk en baie kan leer.
The latest digital edition of STYWE LYNE/TIGHT LINES is now available!