Ons lesers spog! • Our readers brag!

MEI | MAY 2024

LESERS VANG VIS!

Hierdie is ons lesers se eie blad waarop hul vangste spog-erkenning kry. Epos die foto met besonderhede van die vangs aan die adres hieronder. Volgens wet moet die ouer of voog toestemming verleen om foto’s van minderjariges te publiseer. By inskrywing voeg by: “Ek verleen toestemming tot publikasie”. – Red

READERS CATCH FISH!

This page recognises the catches made by readers – bragging rights are guaranteed! Email photos to the address below. By law parents or guardians must give permission to publish images of minors. The following permission must be added to your entry: “I give permission to publish”. – Ed.


Derick van Heerden

Nog ‘n baie lekker hengeldag by Jackie Leonard. Ek het darem gou die kans gehad om vroeg in April ‘n Pro Mania in te werk. Vroegoggend by die water het dit gelyk of dit ‘n baie lekker dag gaan wees en dit was ook. Ek trek pen 8 en begin toe aan ‘n game plan werk. Ek besluit om op 95m en 55m te hengel. My kort stok het gou vis gegee maar ek het gou agtergekom dat daar baie strukture in die water is en het ‘n hele paar so verloor. My 95m stok lê langer as wat ek sou wou hê, maar lewer mooi groot karpe en ek was gelukkig daarmee. Ek het later die kort game probeer verander, maar kon net nie die muddies aan die gang kry nie. Die karpe het my maar besig gehou. Ek vang 14 vis vir ‘n gewig van 21,6kg wat my ‘n algehele 9de plek gee en 3de in my sone. Baie dankie aan Gecko Supreme Baits-vervaardiger en eienaar vir die geleentheid om met so ‘n goeie produk te hengel.



Adriaan & Marinda Kleynhans

Gevang by Lakeview, Welkom op Tutti-Frutti en Perdeby op die bal en Drek floats. Die karp het 6,45kg geweeg.

My vrou, Marinda het onverwags hierdie baber van 17,5kg gevang op Bed & Brekfis en Bloekom op die bal en plain float met lang degie. Dit was op 11 Februarie 2024 ook by Lakeview in Welkom.

Baie dankie, groete Adriaan & Marinda Kleynhans.


Tegan Vermaak (16 jaar oud)

My kleinseun, Tegan het op 13 April die jaar hierdie volskubspieëlkarp in Bronkhorstspruit gevang. Ek skat die karp so 1,6kg. 

Tegan het op agtjarige ouderdom ook ‘n mooi volskubkarp in Fortuna gevang. Hy het daai tyd, in 2016, ‘n Stywe Lyne-prys gewen.

Baie dankie daarvoor, en dankie dat ons die vangs met julle kan deel. Van oupa Louis Hattingh.



Ek het die pragtige karp van 16,9kg gevang by Roodekoppiesdam, Soetdoring in die Sloep in September 2023. Dit is ook my PB. Ek het die karp gevang met Fish Clinic se Pynappel tigernut, fake pop-up, maize en gedip in GP Nel se Legend. Ek het Gilbert se raad gevolg en ‘n sukses behaal! Groete, Morné.

Mark Uys en Johan Smith

Ons (VLNR: Johan Smith en Mark Uys) het oor die Paasnaweek babers in Vanderbijlpark langs die Vaalrivier gaan vang. Die onderskeie gewigte was 13kg en 15kg. Baie dankie vir die inligting en programme wat julle maak. Groete, Mark Uys.

Kobus Vorster

Ek het op 5 April die pragtige karp van 6kg by Olifantsnekdam, Rustenburg gevang. Hy het op plain floaties gebyt.



Emile du Toit

Ek het hierdie mooi karp in 2023 in Roodekoppiesdam gevang op ‘n diepte van 3,5m met ‘n klein bietjie voer. As aas het ek ‘n pynappel tigernut gebruik met ‘n pynappel glug. Die stok het geloop net soos ‘n Roodekoppies V8-karp kan en ons het geweet die is ‘n groot vis. Die gewig was 17,375kg.

Jaco Herselman

My eerste 4kg karp. Dis is die tweede keer vir karp vang. Ons is van Kareedouw in die Oos-Kaap.
Die vis is gevang in Tsitsikamma op 28 April 2024.
Die papgooi het my behoorlik beet
!


The latest digital edition of STYWE LYNE/TIGHT LINES is now available!

5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x