Ons LESERS spog! • Our READERS brag!
NOVEMBER 2024
LESERS VANG VIS!
Hierdie is ons lesers se eie blad waarop hul vangste spog-erkenning kry. Epos die foto met besonderhede van die vangs aan die adres hieronder. Volgens wet moet die ouer of voog toestemming verleen om foto’s van minderjariges te publiseer. By inskrywing voeg by: “Ek verleen toestemming tot publikasie”. – Red.
READERS CATCH FISH!
This page recognises the catches made by readers – bragging rights are guaranteed! Email photos to the address below. By law parents or guardians must give permission to publish images of minors. The following permission must be added to your entry: “I give permission to publish”. – Ed.
Stuur jou foto/’s en besonderhede van die vangs na / Send your photo/s and details of the catch to lesers@foranglers.co.za
Simon van Hoving
Goeiedag visvangvriende. Hier is ‘n paar foto’s van die mooi visse wat ek op Saterdag 12 Oktober in die Oranjerivier Kaboob gevang het. Kaboob is geleë sowat 23km vanaf Pofadder, rigting Onseepkans, die grenspos tussen RSA/Namibië. Dit was ‘n snikhete dag, die kwik het gedraai by 39 grade, en dit is lente, die somer moet nog kom.
Deur die dag het ons heelwat geelvisse gevang, maar hulle was maar klein babatjies en hou jou gedurig op jou voete agter die stokke. Watter geluk is dit nie om die drie grotes te vang nie, dan is ‘n visserman se dag gemaak, met so gelukskoot tussendeur die kleintjies.
Alle visse is veilig teruggesit in die rivier, vir ‘n volgende keer se genot.
Visvanggroete, Simon.
Barnard Swanepoel
Goeiemiddag. Ons was onlangs by die SAVOF Spele vir gestremde hengelaars te Bloemhof Sloep. Voor die kompetisie begin het, was ons by Sandveld-oewer, by die brug. Ek het hierdie graskarp van 8kg gevang, wat ook my PB is. Hy het op ‘n bloekompit gevat.
Dankie vir julle tydskrif, ons geniet dit baie. Groete, Barnard.
Owen Otto
Hi, hoop dit gaan goed. Ek hou baie van julle live stream met Oom Werner. Ek het die pragtige linear koi van 6,9kg verlede naweek gevang by Lapa Specimen om 00:15vm. Die byttempo was maar baie stadig.
Groete en stywe lyne, Owen.
The latest digital edition of STYWE LYNE/TIGHT LINES is now available!