H. OORDFOKUS: Morgansbaai Karavaan Park, Wildekus
Laat Desember het ek en my gesin, vrou Anel en seuns Rian en Wian het die absolute voorreg om Morgansbaai Karavaanpark te besoek.die beeldskone karavaanpark is sowat 100km vanaf Oos London en 9km vanaf Keimond op die wêreldbekende Wildekus. As jy op soek is na die vakansie weg van die stad se lawaai, inkopie sentrums en die gejaag agter geld aan, is Morgansbaai net die plek vir jou en jou gesin. So ja, maar wees gewaarsku, as jy hou van inkopiesentrums moet jy bereid wees om die 100km af te lê Oos London toe want hier gaan jy ver soek.