E. OORDFOKUS: Rametsi Eko Wildsplaas
Ons het onlangs die voorreg gehad om net buite Swartruggens die Rametsi Eko Wildsplaas te besoek. Die plaas is geleë aan die oewer van die minder bekende Lindsleypoortdam wat talle visspesies huisves maar wat hoofsaaklik gebruik word om die boere van die omgewing te help met besproeiing. Ons het die uitnodiging van Chris Riley, een van die eienaars, aanvaar en sommer stokke ingepak om te sien wat ons aan die lyn kon kry.