OP REIS – Keurbooms Lagoon Karavaanpark

Riaan Alleman en sy vrou Anel het vroeg Oktober die absolute voorreg gehad om Keurbooms Lagoon Karavaanpark te besoek. Die park is geleë reg langs Plettenbergbaai reg teen die Keurboomsrivier.

Wat dadekik vir ons opvallend met ons aankoms was was die vriendelike ontvangs en die netheid van die park. Daar was nie ‘n stukkie gras wat nie gesny was nie en alles was pragtig groen met baie groot bome wat vir lieflike koelte op die warm dae gesorg het. Die vriendelike sekuriteitswag het op sy bergfiets gespring en ons mooi begelei tot by ons staanplek wat reg op die rivier se bank geleë was. Die park het 270 staanplekke waarvan 32 eksklusief reg teen die rivier geleë is.

Ons pragtige rivierfront staanplek vir die volgende 6 aande.

Daar is ook geen tekort aan spasie nie, en jy kan regtig jou karavaan en tente gemaklik opslaan met selfs nog spasie ook vir jou voertuig. Elke staanplek het ook ‘n kragpunt, maak net seker jy vat jou blou kampprop saam want dit werk nie op gewone 3-punt proppe nie. Daar is ook skoon drinkwater oral beskikbaar en natuurlik groot asblikke wat daagliks leeg gemaak word.

Ek dink een van die belangrikste dinge vir talle mense is skoon badkamer geriewe, en ek kan met ‘n ope gemoed sê die badkamer geriewe is 5-ster kwaliteit – dit word elke uur skoongemaak en daar is nooit ‘n tekort aan warm water nie. Beide die mans en dames badkamers beskik oor ‘n bad en talle storte en daar word ook mooi gekyk na die behoeftes van gestremde mense.

Die ablusie geriewe is ruim en skoon.

Die park beskik ook oor ‘n baie ruim en skoon opwas area – hier kan die dames lekker saam kuier en gesels oor die dag se gebeure. Dan is daar ook ‘n klere-was area met talle industriele wasmasjiene en tuimeldroeërs togerus. Die “tokens” vir die masjiene is vrylik beskikbaar by ontvangs en selfs by sekuriteit as ontvangs reeds gesluit is.

Die klerewas-area bestaan uit talle industriele masjiene.

Die park is sentraal geleë 2km vanaf Plettenbergbaai se inkopiesentrum, so ja, dames, as julle moeg is vir die mans is daar darem vir julle ‘n wegbreek kans net om die draai! Vir die avontuurlustige mense is daar ook kajakke te huur teen ‘n baie bilikke prys en glo my dit is vet pret vir die hele gesin. Riaan Alleman het een van die hengelkajakke gaan toets en dis idiaal om daai lekker groot kabeljoue en knorhane te gaan soek waarvoor die lagoon so bekend staan. Dan is daar ook die Lagoon winkel in die oord wat alles het wat jy sal benodig, van braaihout tot lekker roomys vir die jong klomp.



Riaan Alleman reg vir ‘n lekker hengelsessie op sy gehuurde kajak.
Die Lagoon winkel beskik oor al die nodige goed van braaihout tot lekker roomys vir die kinders.
Lekker speelplek vir die kinders om ouers bietjie ‘n breek te gee.

Ongelukkig het ons 6 nagte baie gou verby gevlieg en was dit ongelukkig tyd vir op pak en totsiens sê, maar glo my, ons sal weer terug wees met die kinders en dit gaan nie net vir 6 nagte wees nie. As ek goeie advies kan gee bespreek betyds om teleurstelling te voorkom! Hoe se ek altyd? Waar is dit lekker? Hier is dit lekker!

Besprekings:
Epos Chris by : info@keurboomslagoon.co.za; Tel: 0445332567; Web:  www.keurboomslagooncaravanpark.co.za.



4 2 votes
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x