
OPETOERNOOINUUS: 2025 BLOEMHOF BONANZA
27 April tot 1 Mei
Meer as R200 000 in kontantpryse! – PLUS nog vele meer om te wen!
WOORDE: Bernard Venter FOTO’S: Verskaf
Die 24ste jaarlikse Bloemhofdam Bonanza vind vanjaar vanaf 27 April tot 1 Mei op die Noordwes- en Verlatenkraaloewers plaas. Dit is weer ‘n oewer- en boothengel toernooi.
Ons is baie dankbaar vir die groot kontant borge, The Courier Guy en Mafika Engineering wat vanjaar aanboord gekom het!
Kontant is koning en met die hulp van ons borge gee ons vanjaar meer as R200 000 kontant weg in pryse!
1 STE PLEK
The Courier Guy borg die algehele eerste prys van R100 000 vir die langste karp, en R50 000 vir die langste baber!
DELIVERED BY

2 DE PLEK
Mafika Engineering borg die algehele tweede prys, vir die tweede langste karp, vir R30 000.
SUPPORTED BY

Meer as R100 000 se hengelgerei!
Afgesien van die pragtige kontantpryse het ons meer as R100 000 se hengelgerei geborg deur Mitchell vir die pryse in die Senior-afdeling. Natuurlik is daar ook lekker hengelgereipryse vir ons Dame- en Junior-afdelings.
R20 000 vir 4 langste babers in span!
Ons gewilde spanne-kompetisie vind weer plaas. Deelnemers kan spanne van tot vier deelnemers per span inskryf vir die Mafika Engineering Spanne-kompetisie. ‘n Skaflike R20 000 kontant is op die spel vir die spanne wat die vier langste babers vang.
R10 000 vir Best Dressed Team!
Deelnemers het weer die geleentheid om met hulle oorspronklike spannedrag te kom spog in die Gys Pitzer Motoring Best Dressed kompetisie! R10 000 kontant is hier op die spel! Deelnemers is welkom om Annamarie by G2 Shoppe (081 247 1440) te kontak om hulle spannedrag te ontwerp en te maak.
Die Bloemhofdam Bonanza is nog altyd een van die grootste en lekkerste hengeltoernooie op die hengelkalender in Suid-Afrika. Daar is ‘n tradisie van kuier en lekker visvang wat die Bonanza by Bloemhofdam so gewild maak!
Die Bloemhofdam Bonanza het groot tegnologiese ontwikkeling oor die jare ondergaan. Visse word die afgelope paar jaar nie meer geweeg nie, maar gemeet. Die voordeel van meet is veelvuldig. Ons het ‘n elektroniese voorlopersbord ontwikkel wat elke deelnemer op hulle foon ontvang. Sodoende kan die deelnemers deurlopend sien wie die voorlopers in die Bonanza is, en of dit nodig is dat hulle visse amptelik deur die beamptes gemeet moet word. Elke deelnemer meet sy eie vis op sy eie maatband en stuur die lengte met sy foon na die organiseerders. Die lengtes van al die visse verskyn op die voorlopersbord. Dit is egter net nodig indien die deelnemer in die top 20 van die voorlopersbord verskyn om die vis deur ‘n beampte te laat verifieer. Daar is dus nie lang rye deelnemers by ‘n inweeg en hope dooie vis by die inweeg nie. Die deelnemers het baie meer hengeltyd en hoef nie by die inweeg uit te kom om sy vis te weeg nie. Al die inligting is op die deelnemer se selfoon beskikbaar!
‘n Ander groot voordeel is die aanlyn registrasie van deelnemers. Deelnemers kan enige tyd op die aanlynskakel registreer om aan die Bloemhofdam Bonanza deel te neem. Dit beteken dat daar geen toue by die hekke is nie en deelnemers kan reguit na die hengeloewers gaan.
Noordwes en Verlatenkraal is uitgestrekte hengeloewers van meer as 30 kilometer wat genoeg hengelspasie aan deelnemers verseker. Daar is ook ‘n groot sleephelling by Noordwes waar bote kan lanseer.
Natuurlik is die Plastics SA Hou Die Dam Skoon kompetisie daar om die oewers weer mooi skoon agter te laat. Die eerste 500 deelnemers sal ook ‘n “goodiebag” met onder andere ‘n Twin Series hengelaarspakkie en ‘n pakkie lekker Wabona papmeel kry.
Vanjaar is daar weer baie pryse wat met gelukkige trekkings gewen kan word. Die gelukkige trekkingkaartjies kan aanlyn of fisies by die Bonanza gekoop word teen R10 ‘n kaartjie. Daar sal ‘n houer wees waaruit die trekkings gedoen word. Leisure & Adventure Pretoria borg R10 000 se hengelgerei, Loukies borg ‘n mooi aasboot, Black Diamond borg ‘n kisvrieskas, Harolds ‘n lugversorger, River View Lodge ‘n wegbreek week, en nog baie meer gelukkige trekkings ter waarde van R100 000!
Die hengelkaartjies is R350 per volwassene en R150 vir juniors (0/13 jaar). Die deelnemers kan ook vir die Spannekompetisie inskryf teen R200 vir ‘n span van vier deelnemers. Alle kaartjies kan aanlyn gekoop word by https://www.justsc.co.za
BLOEMHOF BONANZA 2024















Sien jou by The Courier Guy Bonanza 2025!
