Bank Angler

Plasing van Stoel

Ek hengel graag met ‘n stoel agter my hengelkas. Ek vind dit moeilik om te bepaal waar is die beste plek om my stoel te plaas om die beste voordeel vir my te bied. Waar is die beste plek om my stoel te plaas?

Oorsaak: Baie hengelaars maak gebruik van die “regop” tipe stoele wat baie lyk soos “kroeg stoele” om agter hulle hengelkaste te kan sit. Die stoel word baie keer so geplaas dat die hengelaar by sy stokke kan verby loop, maar dit is te ver van die gerei af om te kan sit en werk. Dan plaas sommige hengelaars die stoel so naby aan die staander dat hy of sy nie gemaklik in en uit kan beweeg nie.

Oplossing: Die doel van die stoel volgens my is om te kan rus tussen die byte van die visse en ook om gemaklik aasvoorbereiding te kan doen in ‘n sittende posisie. Die plasing van die stoel moet beweeglikheid moontlik maak en ook jou met gemak toegang bied tot jou gerei. 

Wenk 1 – Gemaklik.

‘n Plasing van die stoel waar dit gelyk is en genoeg been spasie vir jou bied is sodat beweeglikheid moontlik gemaak word. Wanneer jy beweeg met al die werkies, moet jy nie aanhoudend jou staander of stokke stamp nie.  


Wenk 2 – Die stoel moet naby genoeg aan die hengelkas wees sodat jy gemaklik binne jou kas kan items bykom. Sodoende kan jy gemaklik jou aasvoorbereiding doen.


Wenk 3 – Wanneer die stok klaar ingewerp is, gebeur dit dat jy aan die katrol moet kan raak om die rem te stel, die lyn stywer te draai of die lyn slapper te maak. Verkieslik moet jy dit uit ‘n sittende posisie kan doen.


Wenk 4 – Sodra die vis byt moet dit maklik wees om vanaf jou stoel die stok te kan neem en die vas slaan van die vis te kan uitvoer.

Related Articles

Back to top button