PRODUKFOKUS: DEEPER PRO PLUS 2 SMART SONAR

Waar is die dae van bruinbrood en heuning, self gemaalde mieliebom en daar gaan jy?

Dis vir my ‘n voorreg om die Deeper Pro Plus 2-sonar aan lesers voor te stel, in beter verstaanbare taal ‘fish finder‘. En mense, is dit nou vir jou ‘n bolletjie gelaai met van die beste tegnologie beskikbaar! En wat dit nog meer aanloklik maak is die verskillende maniere hoe dit aangewend kan word.

Wat is die Deeper Pro Plus 2? Dis ‘n sonar (visvinder) wat dit vir jou makliker maak om die bodem van enige dam of see beter te verstaan, so jy kan nie net vis-aktiwiteite bestudeer nie maar ook seker maak jy plaas jou lyne op die perfekte diepte en regte areas waar die visse gewoonlik wei. Wat dit uniek maak is die feit dat jy dit met jou visstok kan inwerp, of vasmaak aan ‘n aasbootjie of selfs met sy bykomende flexi-arm kan vasmaak aan jou rubber duck vir daai spesiehengelaars.

Die Deeper aan sy flexi-arm aan my rubber duck vasgemaak.
Die Deeper kom ook met ‘n veiligheidstoutjie om te keer dat dit nie verloor as dit dalk sou loskom nie.
Die flexi-arm is veilig aan die boot vasgemaak.


Die Deeper werk met enige slimfoon en die toepassing op jou foon is baie beskrywend en maklik om te gebruik. Dit kan tot en met 100m opvang met jou foon en daar is nog ander modelle wat selfs nog verder opvangs het (sien hul webwerf vir meer inligting hieroor).

Die Deeper Pro Plus 2 is klein en kompak en daar is geen drade betrokke nie. Hier is sy kern-eienskappe:

  • Batterylewe is nege ure en kan maklik selfs in jou voertuig herlaai word.
  • Het drie skanderingshoeke waarvan die 7-grade hoek vir jou presies wys wat direk onder jou op die bodem aangaan. Opvangs met jou foon tot en met 100m.
  • Maak vir jou kaarte van die dam wat jy kan stoor vir wanneer jy weer die dam of rivier besoek.
  • Werk in vars- en soutwater.
  • Kan visse en dieptekontoere ‘sien’ en wys presies waar al daai aaklige bome en strukture wegkruip.
  • Kan hom op vele maniere aanwend en is nie beperk tot net bootgebruik nie.
  • Werk op enige slimfoon en is maklik om te gebruik.
  • Meet ook die watertemperatuur.
  • Kan bodems tot op 100m diep akkuraat lees.
  • Op die webwerf kan jy ook ander damme se inligting gaan vind wat deur vorige hengelaars opgelaai is.

Om op te som: hierdie Deeper is ‘n goeie vriend om naby te hê en is baie bekostigbaar. Kry joune vandag, jy sal nie spyt wees nie.

*Besoek gerus https://deepersonar.com/za/en_za/home-za.

Die Deeper se smartphone mount as jy die ingooimetode gebruik.
Hier is die Deeper van nader: kan nie dink dat so ‘n klein balletjie so baie tegnologie bevat nie! Maak seker jy heg dit ordentlik aan baie sterk lyn voor jy dit net ingooi.
Reg vir aksie om die gooimetode op die proef te stel.
Dit kan gestel word om die vis-aktiwiteit te sien.
Of om net dieptes en strukture te sien.


The latest print edition of The Bank Angler is now available in retail and selected angling stores!

0 0 votes
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x