PRODUKOORSIG: Carp King Streaker 2 en Lucky Smart Visvinder

WOORDE & FOTOS: Riaan ‘Jan Alleman’ Riekert

Dis niks nuuts om te lees dat as dit by “cast” kom is Riaan Jan Alleman bietjie beperk – tot op 60m sit ek hom vir jou op ‘n kol maar verder as dit gooi ek een in die Kaap en die ander in Durban! En dit is vir daardie rede dat tegnologie bestaan soos die Carp King Streaker 2 om Riaan Alleman by te staan wanneer afstand saak maak.

Bootbouer Jan Foppin het geen bekendstelling nodig nie en hy het my jammer gekry en diéunieke bootjie aan my geskenk om my gebrek hok te slaan. Vandag gaan ek meer vertel van die bootjie en presies hoekom jou volgende kopie ‘n Carp King Streaker 2 moet wees.

Kom ons loer eers na wat in die hart van die bootjie gebeur. Jan het slim gedink om die bootjie toe te rus met twee gelykstroom motortjies wat elkeen gekoppel is op sy eie 12v Gel battery(die battery is nie ingesluit nie). Nou gaan julle vra hoekom twee motortjies? Die antwoord is maklik – as die een probleme gee dan is die ander steeds daar om die bootjie veilig terug te besorg. In die ou dae was dit ‘n probleem en moes jy dan of ‘n lyn aan die boot vasmaak of op ‘n boot spring en dit gaan haal.

Die Carp King Streaker 2 van bo gesien, toegerus met sy twee gelykstroom motortjies en een 12V gel battery per motortjie
Die Carp King Streaker 2 bootjie van buite gesien met sy aas bakkies gelaai met die aas en ekstra voer


Die bootjie is gemaak van veselglas en dit maak dit lekker lig om te hanteer, hy het ook ‘n handvatsel beide kante om die dra daarvan makliker te maak. Hy het twee aasbakkies maar ek sal egter nie voorstel dat jy twee lyne gelyk vat nie, gebruik eerder die ander bakkie om ektra voer na die voerkol te neem. 

Daar is baie teorië oor hoe ver jy kan ry voor die bootjie buite beheer raak, maar ek kan met ‘n oop gemoed sê ek het hom tot op 200m sonder enige probleme getoets. Wat ek wel agtergekom het is dat die omgewing ook ‘n bedeindende rol speel en dat eksterne faktore soos byvoorbeeld oorhoofse kragkabels die sein af en toe deurmekaar maak; gelukkig het die afstand beheerder dan ‘n funksie wat die bootjie in die rondte laat ry tot en met die sein herstel het.

Die Lucky Smart visvinder – dit word apart gekoppel op sy eie klein gel batterytjie.


En as die bederf van die bootjie nie genoegsaam was nie het Wesley Francis van Carpediem ook na die partytjie toe gekom en Riaan Alleman bederf met ‘n Lucky Smart visvinder. Wat ‘n stukkie uitmuntende tegnologie!  Dit het alles in wat ‘n mens benodig en nog meer. Daar is hopeloos te veel funksies om te noem maar die paar wat my die meeste beïndruk is dat hy die temperatuur meet, diepte, strukture en dan die mees indrukwekendste is die navigasie wat seker maak jy plaas jou aas elke slag presies op dieselfde plek. Die GPS eenheid en sensor word in die bootjie ingebou en werk op sy eie aparte gel batterytjie, sodoende gebruik jy nie jou motortjie se battery lewe klaar nie.

Mense, hengel was nog nooit so maklik gemaak nie, veral as jy nie-kompenterend hengel soos ek. Dit is nie wettig by oewerkompetisies nie maar sosiaal keer niks jou om so bootjie aan te skaf en daai dik visse te gaan soek nie. Hoe sê Riaan Alleman? Waar is dit lekker? Hier is dit lekker!

Distance.
All saved waypoints.
Line towards the destination.
Point of final destination.
Select point of final destination.
Structure of the water and fish activity.
Water depth.
5 1 vote
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x