Prologic ‘Avenger FD 8000 XD’

PRODUKOORSIG

WOORDE: Riaan ‘Vis’ Bezuidenhout | FOTO’S: Verskaf

Hierdie is werklik ‘n Pappabeer-katrol! In die katogorie van spesiekarphengel-katrolle het dit ‘n groot profiel, en die gewig daarmee gepaard – 637g. Prologic het beslis die idee gehad om ‘n katrol te maak vir die GROOT karphengelaar, die ‘drag‘ of wrywingsisteem op die spoel is ‘n massiewe 40-pond, so wanneer ‘n vis mooi gespeel word, kan jy lag-lag ‘n vis van 50-pond land. Prologic is oulik genoeg om ‘n ekstra spoel en ‘drag washers‘ saam met die katrol te verskaf. 

Die ‘FD’ oftewel ‘front drag‘-sisteem kan vinnig met slegs ‘n kwart draai verstel word van ‘n los spoel, wanneer die lyne lê en wag, na styf wanneer jy begin spook met ‘n vis. ‘XD’ staan vir ‘eXstra distance en die 8000-spoel dui aan dat jy kan 20m – 0.4mm-lyn (35-pond) op die spoel laai. Oor die algemeen is ‘n bietjie dunner lyn voldoende (0.3/0.35mm) en beteken jy kan maklik meer as 500m lyn op die spoel laai en nog meer braid, wat meer as nodig is vir 90% van Suid-Afrika se damme. 

Die katrol het ‘n ratverhouding van 4.1:1 wat beteken dit het baie stadige omwentelings om die spoel. Die spoel is groot, so elke draai van die handvatsel plaas 94cm lyn terug op die spoel. Dit maak dit soos ‘n Toyota Land Cruiser, nie vinnig nie, maar vrek sterk! Die stadige omwenteling help ook om die lyn so reguit moontlik op die spoel te plaas, wat natuurlik help om lynknope te vermy en ook sodoende baie beter lynhantering gedurende die werpslag te gee. Prologic noem hierdie ‘dynamic line management‘.




OPINIE

Die eerste ding wat my oog trek is die hout handvatsel, dit is baie mooi – hout en kurk het nog altyd ‘n manier om vir my daai stoute visvang ‘smile‘ te gee. Die vorm van die handvatsel vind ek egter ongemaklik, tensy jy die handvatsel met jou vingers omsingel. Ek katrol met die handvatsel in die middel van my vingers en vind dat dit vinniger my vingers moeg maak, daarom verkies ek eerder ‘n halfmaan handvatselvorm. Hierdie is ‘n groot spoel, so katrol is in die orde van die dag!

Die lynhaak op die spoel is mooi rond om die lyn te beskerm, maar dit kon groter gewees het. Ek moes elke keer ‘n paar keer probeer om my 0.3mm lyn in te haak.



Persoonlik sal ek eerder elke hengelsessie net werp as ek kan, soos wanneer die visse wel naby is, instede van ‘n opblaasboot te gebruik, daarom is ek mal oor ‘n produk wat werp verbeter. Die bokant van die spoel het ‘n ‘Aerolip‘ wat beteken die lyn gly van die 45º lip af en veroorsaak minder wrywing. Die beginsel is eenvoudig, naamlik minder wrywing beteken meer afstand!

Die handvatsel se arm het ‘n vinnig-verstelknoppie om die arm te manipuleer sonder om ‘n skroef vas te draai. Dit spaar wel tyd en die katrol pas ook makliker op sommige van die kleiner spesievisstokstaanders, maar dit laat bietjie speling op die arm en ‘n konstante drukpunt-verwisseling soos jy die katrol se arm draai (tik, tik, tik, tik, tik, ens.). Ek voel die skroefmetode bly egter die beter metode om die katrol se arm te stabiliseer.



SLOTSOM

Hierdie is ‘n baie mooi katrol en kompeteer sterk in sy prysklas. Ek het die katrol op my 13vt stok gebruik om te sien hoe dit werp en dit op ‘n 10vt gehad toe ons daar ver gaan visse soek het. Die katrol hanteer baie maklik en beskik oor al die nuutste tegnologiese vorderings wat ‘n katrol moontlik kan hê, en wat enige spesiekarphengelaar moontlik sal wil hê.

Ek gee die katrol ‘n verdiende 8/10.

The latest print edition of The Bank Angler is now available in retail and selected angling stores!

4 2 votes
Article Rating
Subscribe
Notify of
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
Back to top button
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x