
Prologic ‘Avenger FD 8000 XD’
PRODUKOORSIG
Hierdie is werklik ‘n Pappabeer-katrol! In die katogorie van spesiekarphengel-katrolle het dit ‘n groot profiel, en die gewig daarmee gepaard – 637g. Prologic het beslis die idee gehad om ‘n katrol te maak vir die GROOT karphengelaar, die ‘drag’ of wrywingsisteem op die spoel is ‘n massiewe 40-pond, so wanneer ‘n vis mooi gespeel word, kan jy lag-lag ‘n vis van 50-pond land.